Huisgenoot

NET ’N VRIEND, MAAR JALOERS

-

Ek het ’n oulike ou ontmoet. Daar is ’n groot ouderdomsv­erskil tussen ons, maar ons deel baie belangstel­lings. Dis al ses maande dat ons so een keer per week uitgaan. Ons is albei hardkoppig en dan baklei ons. Hy dink dis genoeg rede dat ons nie ’n paartjie moet wees nie. Ek gaan ook saam met ander mans uit, maar hulle is net vriende. Ek en die eerste ou is soms intiem. Hy is jaloers wanneer ek saam met ander mans uitgaan. Dink jy dis reg?

DG op XL

Dié man stuur gemengde seine uit. Hy wil nie met jou ’n verhouding hê nie, maar tree op soos iemand in ’n verhouding en wil die dinge doen wat mense in verhouding­s doen. Hy dink aan jou as “syne”, maar sonder dat hy enige verbinteni­s gemaak het; daarom is hy jaloers.

Baie mans is bang vir die verwagting­s wat rondom verhouding­s kan ontstaan. Hulle maak dit dan vroeg duidelik ’n vriendskap met voordele is geen verhouding nie. Dis geen edele poging van sy kant om jou nie vals hoop te gee nie; dis bloot vir hom gerieflik om die beste van albei wêrelde te kry en dan later te sê hy het mos oop kaarte met jou gespeel.

Gaan aan met jou lewe. Jy wil ’n verhouding hê met iemand wat sal wys hoe hy oor jou voel en nie ’n halfhartig­e vriend wat jaloers raak wanneer dit hom pas nie. Dit is sy verlies. Miskien is daar iemand onder jou vriende wat lankal ’n ogie op jou het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa