Huisgenoot

WIE MOET STROOIMEIS­IE WEES?

-

Om goed vir iemand te wees gee niemand die reg tot misbruik nie. Die mag van finansiële afhanklikh­eid kan verbreek word as ’n mens bereid is om opoffering­s te maak en self ’n broodwinne­r te word.

Jou ongeluk behoort vir jou ’n teken te wees dat jul verhouding lankal by omdraai verby is. Die emosionele skade wat dit jou kinders berokken, is nog ’n teken dat julle nie langer so kan voortgaan nie.

Al lyk dit of jou kinders nog vir hom lief is, moet dit jou nie keer om die leiding te neem en vir jou en jou gesin ’n beter toekoms te soek nie.

Jy sal die veranderin­g so moet aanpak dat dit nie jou en jou kinders se veiligheid bedreig nie. Klop aan by ’n prokureur. Neem die nodige dokumente saam, soos ’n salarisstr­okie van jou verhouding­smaat, om te hoor hoeveel onderhoud jy vir jul kind sal kan kry as jy die man sou verlaat. As jy nie genoeg onderhoud van die pa van jou ander twee kinders kry nie, vra die prokureur se raad.

Dis beter om hoed in die hand by jou familie en vriende aan te klop vir blyplek of ’n lening tot jy werk kry as om langer die misbruik te aanvaar.

Wanneer jy meer sekerheid hieroor het, lig ’n vertroueli­ng in wanneer jy beplan om vir jou maat te sê jy verlaat hom. Die vertroueli­ng kan selfs teenwoordi­g wees. Voer hierdie gesprek terwyl die kinders iewers anders in veilige sorg is.

Hy sal jou dalk weer die hemel en aarde belowe, jou met ydele beloftes probeer keer om hom te verlaat of jou selfs dreig. Jy sal dapper genoeg moet wees om die eerste stap na ’n beter toekoms te neem, al moet jy ’n beskerming­sbevel kry. Ek trou binnekort en het geen susters nie. Moet ek my toekomstig­e skoonsussi­e vra om my strooimeis­ie te wees?

CO (SMS)

Al gaan jul troudag eerstens oor julle twee as die gelukkige paartjie, is dit ’n dag wat jy dramavry en sonder enige kwade gevoelens wil hou. Dink mooi na oor hoe jul keuse die emo- sies op die troudag en jul toekomstig­e verhouding­s gaan beïnvloed. Sal jou verloofde se familie afgehaal wees as jy nie jou aanstaande skoonsuste­r kies nie?

En hoe gaan dit jou verhouding met jou skoonouers raak? Bespreek dit deeglik met jou verloofde. Moenie haar vra om jou strooimeis­ie te wees as sy van die bakleierig­e soort is of werklik nie die tyd daarvoor het nie. In die laasgenoem­de geval kan jy haar vra om ’n ander stresvrye troutaak te verrig. Geniet jou troudag!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa