Huisgenoot

HOE HOU BEKENDES HUL KINDERS BESIG OP DIE LANGPAD?

-

woedeuitba­rstings, nukkerighe­id, ’ n gesloer, geneul en baie toiletstop­pe. As jy dié gebeure in berekening bring by jou reisbeplan­ning, sal dit jou help om koelkop te bly.

MICHELLE GILDENHUYS-ADAMS

(model en sakevrou) Sy laat klein Kadar Zayn (2) en Ziah Malik (8 maande) self kies watter speelgoed hulle wil inpak. “Ek lei hulle en sê hulle kan iets elektronie­s soos ’n iPad of Game Boy kies en iets opvoedkund­igs soos ’n inkleurboe­k of klei.”

(voormalige Mej. Suid-Afrika en sakevrou) Sy koop goedkoop geskenkies by die R10-winkel vir haar driejarige seun en eenjarige dogter (sy verkies om hul identiteit te beskerm) en gee dit vir hulle wanneer die verveeldhe­id inskop. “Dit hou hulle besig.”

JO-ANN STRAUSS MINKI VAN DER WESTHUIZEN

(model en aanbieder) Sy pak genoeg peuselhapp­ies in om Katerien (4) en Elise (3) gelukkig te hou. “Ons luister musiek en hulle mag ’n bietjie iPad kyk op die langpad.”

(voormalige Mej. Suid-Afrika en sakevrou) Die ma van Ethan (6) en Aenea (4) maak seker hulle hou gereeld stil vir die toilet. Op lugreise laat sy hulle op en af in die vliegtuigg­ang stap en moedig hulle aan om die lugwaardin­ne te gaan groet. Sy laai ook graag ’n fliek vir hulle af of koop ’n DVD.

CINDY NELL-ROBERTS

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa