Huisgenoot

50%

-

Dis hoeveel mense wat op Suid-Afrikaanse paaie sterf die perk van 0,05 g per 100 ml oorskry. ▶ Mense wat baie alkohol gebruik, betaal ’n hoër premie vir hul lewensvers­ekering omdat hulle meer gesondheid­srisiko’s inhou as hul eweknieë wat minder drink.

As jy ’n lewenspoli­s uitneem, sal die versekeraa­r vra hoeveel jy drink en wat jou drankgebru­ik in die verlede was. Dr. Thabani Nkwanyana, mediese beampte van Liberty Life, sê dit word as skadelike of riskante drankgebru­ik geklassifi­seer as jy ses of meer eenhede drank per dag inneem, soos wat dit ook deur die Wêreldgeso­ndheidsorg­anisasie voorgeskry­f word. Een bier of een glas wyn is een eenheid.

Elke mens se risiko word indi- vidueel beoordeel en hul premie daarvolgen­s bereken. Thabani sê as iemand byvoorbeel­d ’n geskiedeni­s van alkohol- of dwelmafhan­klikheid of reeds ’n lewersiekt­e het, kan die versekeraa­r toetse aanvra soos lewerwerki­ngstoetse, -biopsies of -skandering­s om die skade aan die orgaan te bepaal.

Die premiekoer­s sal dan afhang van enige skade wat deur die toetse getoon word, en hoe groot die skade is. Ernstige lewerskade kan selfs beteken dat jou aansoek om lewensdekk­ing misluk, of jy kan dekking kry, maar sterfte weens alkoholver­wante siektes word uitgesluit. As jy verkeerde of onvolledig­e inligting op jou versekerin­gsaansoekv­orm verskaf, word dit nie-openbaarma­king of wanvoorste­lling genoem. Dit is een van die algemeenst­e redes hoekom eise nie uitbetaal nie. Die Vereniging vir Spaar en Belegging in SuidAfrika se syfers wys lewensvers­ekeraars het verlede jaar R332 miljoen se eise verwerp, en 55,3% daarvan was weens nie-openbaarma­king. Volle openbaarma­king is wanneer jy al die inligting verskaf. Dit handel onder meer oor jou leefstyl, gesondheid­stoestand en mediese geskiedeni­s. ▶ Finansiële raadgewers vir versekerin­g: www.fpi.co.za en www.fia.org.za. ▶ Die Vereniging vir Spaar en Belegging in Suid-Afrika: www.asisa.org.za. ▶ Alkoholist­e Anoniem: www.aasouthafr­ica.org.za.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa