Huisgenoot

Duane Williams (26)

- E at. Hollywoodd­d-stersterVi­vicaA.VivicaA. TogTogwasw­as ietwati sennuagtig dagg

Dit was ’n groot “seën” vir dié Kapenaar toe hy die oproep kry dat hy die rol van die flambojant­e en modebewust­e Vernon gaan vertolk in dié sepie wat sy gesin al soveel jare kyk. Hy het in Hillview op die Kaapse Vlakte grootgewor­d in ’n gemeenskap vol dwelms en bendegewel­d, vertel Duane. Sy enkelma, Gloria (55), het hard gewerk om vir hom en sy broer, Matthew (21), die beste te gee. Duane is met ’n liefde vir toneelspel gebore en is ’n danser van formaat. Hy was al te sien in internasio­nale dansflieks soos Honey 3: Dare to Dance en Bring It On: Worldwide #Cheersmack saam met die Hollywood-ster Vivica A. Fox. Tog was hy ietwat senuagtig voor sy eerste dag op die 7de Laan-stel en sy eerste groot TV-rol. “My lyf het gebewe en my hande het gesweet,” bieg hy. Maar die senuwees was gou vergete. Duane was in sy noppies om die aktrise Annelisa Weiland, oftewel Hilda, te ontmoet. “Sy het ’n sagte hart en is baie snaaks.”

KITSFEIT

Charlize Theron het hom geïnspiree­r om ’n akteur te word. “Haar suksesverh­aal het my gewys ek as Suid- Afrikaner kan enigiets doen.”

 ??  ?? Dimpho More Nadia Herbst Duane Williams
Dimpho More Nadia Herbst Duane Williams

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa