Huisgenoot

Waaroor gaan dit?

-

Dis Kersfees en Nonnie (Mila Guy) moet die leisels by die huis hou. Sy is ’n skoonheids­koningin met ’n skerp kop op haar skouers. En op dié skraal skouers moet sy baie dra: Haar ma (Milan Murray) vat die pad om saam met ’n sirkus te toer; haar pa, ’n sielkundig­e (Dis Ek, Anna se Morné Visser), se depressie dreig om handuit te ruk en haar boetie, Hugo (Eloff Snyman), het ’n rots in sy lewe nodig.

Die Blignaut-gesin dreig om uitmekaar te val op die Karoodorpi­e waar die inwoners baie veroordele­nd is. Onverwags kondig pa Herman aan: Hy is Kersvader. Dis sy roeping. Nonnie moet nou die ouerrol oorneem en besluit of sy die liefde wat tussen haar en haar beste vriend, Wouter (Suidooster se Dean Smith), ontluik, gaan toelaat om te blom. En teen alle verwagting in kry sy dit reg dat Kersfees wel iets toweragtig­s en onvergeetl­iks word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa