Huisgenoot

’n Ou gunsteling met ’n nuwe kinkel

-

Jay (40) se nuwe album, So Lank Sal Ek Jou Liefhê, bevat van die lekker dans- en popliedjie­s wat hom met die jare gewild gemaak het, maar dié keer het dit ook ’n kinkel. “Ek het ’n paar opgeneem wat ’n bietjie meer diepte en betekenis het en dink dié wat daarna luister, sal daarvan hou om my stem ’n bietjie anders te hoor,” sê hy.

Onder sy gunsteling­liedjies op die album is die titelsnit, wat opgedra is aan sy vrou, Mia (36), en vier seuns, Aiden (11), Jamie (10), Samuel (8) en Luka (3). “So Lank Sal Ek Jou Liefhê is baie spesiaal omdat dit oor my vrou en kinders gaan, maar die liedjie is universeel en kan ook vir verliefdes baie beteken.”

Benoni is die dansliedji­e waarvan hy die meeste hou. “Ek dink hy sal die voete warm maak.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa