Huisgenoot

JAY IN ’N NEUTEDOP

-

Hy is die liefste vir boerekos, veral skaapgereg­te, boontjies en pampoen.

Sy stokperdji­es is perdry, jag, kampeer en enigiets wat met die buitelewe te doen het.

“My gunsteling­koeldrank is Lucozade, maar ’n lekker koue brandewyn bly maar die beste,” vertel Jay.

Hy het geen bygelowe nie. “Ek vat elke optrede soos hy kom; elkeen is uniek. Al wat my kan irriteer, is asimmetrie. As die verhoog nie simmetries opgestel is nie, vang dit heeltyd my oog en trek my aandag af; soms so erg dat ek eers ’n paar goed moet regskuif.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa