Huisgenoot

EEN VRAAG AAN CARIN OOR BOELIES

-

Elton kry swaar onder Popeye en Bulldozer. Afknouery deur boelies is wêreldwyd algemeen. Is dit ’ n saak wat jy graag wou aanraak? “In die konteks van die mees onlangse tragedies van boelies in ons skole wat nie betyds gestuit is nie, is die jongste Elton-boek beslis relevant.

“In baie gevalle laat die skoolstels­el en volwassene­s kinders in die steek wanneer hulle deur boelies geteister word.

“Maar dis ook belangrik om te weet dat dit baie moeilik is om ’n kind wat ’ n gesonde selfbeeld en genoeg selfwaarde het te boelie.

“As ouers, onderwyser­s en ondersteun­ers is ons verantwoor­delikheid dus nie net om boelies hok te slaan nie, maar om vir die slagoffers geleenthed­e vir suksesbele­wing te skep.

“Elton ontdek byvoorbeel­d sy kunstalent deur tannie Kameel en kry erkenning vir sy (onbeplande) noodhulpku­rsus.

“Wanneer hy die geleenthei­d het om die boelie vas te vat, besef hy dis onnodig om ook ’n boelie te wees nie: Die lewe sal self die boelie op sy plek sit.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa