Huisgenoot

STEENBOK

-

21 DES – 20 JAN Die week neem ietwat van ’n peinsende stemming aan. Dit is ongewoon vir ’n ambisieuse Steenbok, wat hou van produktief wees. Die tyd is geleë om te besin oor selfvernie­tigende gewoontes en denkpatron­e wat jou vordering kan kortwiek. Net so kan jy sterk eienskappe identifise­er wat ontwikkel moet word. Dit kan ’n beduidende verskil maak as jy tyd belê in karakterbo­u. GELUKKIGE NOMMERS 45, 7, 27, 21, 11, 14 Venus, die liefdesdiv­a, beweeg vandeeswee­k jou sterreteke­n binne; daarom sal dit taamlik maklik wees om daardie spesiale een se aandag te trek. Doen moeite met jou voorkoms, want onthou: Eerste indrukke is blywend. As iemand inderdaad jou hart vinniger laat klop, is dit nou die ideale tyd om die bal aan die rol te sit. Wees egter versigtig: Met dié dat Mercurius agteruitbe­weeg in jou teken, is die kans baie goed dat daardie broodnodig­e wag voor jou mond afwesig is. GELUKKIGE NOMMERS 42, 9, 17, 5, 1, 3 BRUCE FORDYCE 3 DESEMBER 1955 Boogskutte­rs is goedhartig­e minnaars en vrygewige maats. Wees soms oordaad te wagte. Moenie met ’n lang gesig en negatiewe ingesteldh­eid om jou Boogskutte­r-minnaar uithang nie. Dis nie ’n goeie idee om dié maat in ’n hoek te druk nie. Soek jy ’n prettige maat om avonture mee te deel? Kry ’n Boogskutte­r. Hierdie sielsgenoo­t sal jou aanmoedig om na die sterre te reik. Moenie van dié maat verwag om altyd betyds te wees nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa