Huisgenoot

HOEKOM GEBEUR DIT?

-

Die antwoord lê in jou ore. Jou brein vertolk en koördineer beweging met behulp van die seine wat dit van jou binneore asook jou oë (sig) en optiese senuwees kry.

Jou binneoor is verantwoor­delik vir jou bewustheid van swaartekra­g, versnellin­g en beweging, wat jou ’n sin vir balans en ruimte gee. Skielike, ongewone of onbeheerde beweging kan jou sin vir balans versteur – en dit kan jou naar laat voel. Eenvoudig gestel, as die boodskappe wat jou brein van jou oë en ore kry nie ooreenstem nie, maak dit jou naar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa