Huisgenoot

MY LAPPOP VAN 60 JAAR

Annette vertel die kostelike verhaal van die pop wat saam met haar op ons voorblad gepryk het

- Deur CHARLEA SIEBERHAGE­N- GREY

SY WAS net ’n vyfjarige blondekopp­ie toe sy met haar geliefde lappop op haar skoot afgeneem is. Die foto was so mooi dat dit later Die Huisgenoot se voorblad gehaal het – in die dae toe die tydskrif net 10c gekos het. “Ek dink die grootmense was dalk meer opgewonde oor die voorblad as ek. ’n Mens is mos maar klein en verstaan dit nog nie heeltemal nie,” gesels Annette Visser (65) in die sitkamer van haar dogter Lana Jooste (35) se huis in die Kaapse voorstad Brackenfel­l.

Dis juis Lana wat Huisgenoot laat weet het haar ma het ná al die jare nog die lappop waarmee sy op die voorblad van Die Huisgenoot van 25 Mei 1962 gepryk het.

Kadas word gewoonlik veilig in ’n plastieksa­k bo in haar kas weggebêre, maar vir Huisgenoot se besoek is sy uitgehaal. Annette, ’n kunstenaar en illustreer­der, hou haar weer in haar arms soos toe sy ses dekades gelede vir ’n fotograaf van die Edrichs-foto-ondernemin­g op Stellenbos­ch poseer het.

Haar ouers, Dirk en Ansie Visser, was so in hul noppies met die foto dat hulle dit in die sitkamer van hul plaashuis in die Helderberg­vallei buite Stellenbos­ch osch uitgestal het. Familie en vriende wat dit gesien het, het hulle aangemoedi­g om die foto na Huisgenoot in Kaapstad te neem en te vra of hulle dit wil publiseer. Ansie het so gemaak. ’n Paar dae later het iemand gebel om te vra of hulle die foto op die voorblad kan gebruik.

Annette was toe al 10 jaar oud en onthou goed hoe sy haar verkyk het aan die foto van haar in ’n oranje rok op die voorblad. “Dit was vreemd om in die winkel te kom en te sien daar is ek,” vertel die fyn donkerkopv­rou.

Sy het Kadas op haar vierde verjaardag by haar ma present gekry. “Ek kan nie eens onthou hoe ek op haar naam gekom het nie.” Maar sy onthou goed hoe sy die lappop al haar geheime vertel het.

“Wanneer ander kinders my geterg het, het ek met Kadas in die wingerd gaan sit en haar vertel hoe lief ek vir haar is. Haar gesiggie het met die tyd verweer en die verf het afgeskilfe­r omdat ek haar so baie gesoen het.”

Een keer per jaar het Annette se ma Kadas gewas, met skoon materiaal oorgetrek en vir haar ’n nuwe rok aangetrek. Dan het sy die pop se gesiggie geverf sodat die ogies weer blou en die mondjie duidelik was.

Dié opknappery het Annette vreeslik ontstel. “Ek het dan heeldag eeldag in die wingerd sit en huil.” Sy het geglo die naald en gare maak haar pop seer. Wanneer eer sy haar teruggekry gg y het, het heth sy LINKS: Toe Annette 23 was, was sy toevallig weer voorbladno­oi. REGS: Kadas se gesig het al van ouderdom verkleur. Kadas getroos oor al die pyn wat sy moes verduur. Nadat Annette aan die Hoër Meisieskoo­l Bloemhof gematrikul­eer het, het sy aan die Universite­it Stellenbos­ch grafiese ontwerp studeer. Daarna het sy in Kaapstad by Landbouwee­kblad as bladuitleg­kunstenaar begin werk. In dié tyd het sy ’n tweede keer op Huisgenoot se voorblad verskyn. ’n Kollega, die tydskriffo­tograaf Jean du Plessis, het haar soms laat model speel vir advertensi­es en foto’s in die tydskrif. “En toe word een van die foto’s sommer vir Huisgenoot se voorblad gebruik,” vertel sy laggend. En hier is sy nou weer, vir die derde keer in haar lewe in Huisgenoot. Annette, ’n geskeide ma van drie en ouma van twee kleinseuns, kleinseun woon om die beurt by haar oudste dogter, Lindi Oliveira (40), in Londen Lon en hier by Lana, ’n verkoopsbe­stuurder verkoopsbe by ’n bamboesond­ernem bamboesond­erneming, in die Kaap. Lana se tweelingsu­ster, tweelingsu Lisa Jooste, werk op ’n seiljag seil op die Karibiese Eilande. H Haar drie dogte ters ken Kadas al v van kleins af, m maar het geweet sy is nie hul speelpop nie, vertel Annette. “S “Sy is ’ n monume ment van my kin kinder jare.” En im immers ook ’n voor voorbladst­er.

 ??  ?? Annette Visser het in 1962 op Huisgenoot se voorblad gepryk. Sy het nog die pop, Kadas, en geraamde foto.
Annette Visser het in 1962 op Huisgenoot se voorblad gepryk. Sy het nog die pop, Kadas, en geraamde foto.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa