HALLO EN TATTA, MY NUWE BABA!
Lionel was by toe sy seun gebore word, maar moes kort daarna terug na sy klub in Japan
IN DIE kraamafdeling van ’n Johannesburgse hospitaal maak ’n verloskundige en sy span gereed om ’n baba met ’n keisersnee in die wêreld te bring. Hulle werk met geoefende selfvertroue om die verwagtende ma op die operasietafel en stel haar kort-kort gerus. Toe die babaseun eindelik omhoog gehou word om die wêreld skreeuend te begroet, kyk die teaterspan met so ’n tikkie ekstra belangstelling en trots na die pa, wat alles grootoog op kamera verewig. Dis nie elke dag dat hulle ’n rugbyheld soos Lionel Mapoe in die operasiesaal het nie.
Vir die kragtige Springboksenter is dit ’n bittersoet oomblik: Hy moet immers kort ná die geboorte van klein Gian-Luc van sy pasgebore seun en jare lange meisie, Clarrisa Manaças, afskeid neem om te vlieg na Japan, waar hy vir die klub Kubota Spears speel. Hy sal sy seuntjie eers weer maande van nou af sien. Dan maar gou nog ’n video en ’n paar foto’s neem . . .
“Ek gaan hulle mis; dit gaan rof wees,” erken Lionel (29) aan ons. “Maar daar is niks wat ek kan doen nie; dis my werk. Clarrisa verstaan.”
Die voormalige ster van die Leeus het einde Oktober huis toe gekom vir ’n gelukkige paar weke tuis in Florida, Johannesburg, saam met die swanger Clarrisa (31) en hul eersteling, Zarah (19 maande).
Clarrisa het ter voorbereiding op die geboorte gekyk na die DVD wat Lionel met Zarah se keiserseegeboorte gemaak het, maar dit het nie baba no. 2 se geboorte makliker gemaak nie, vertel sy. “Dit was hierdie keer baie oorweldigend. Lionel was dapper om weer die hele ding te verfilm!”
Die trotse pa kan nie gelukkiger wees nie. “Ek voel ongelooflik. Dis asof ek weer ’n splinternuwe ouer is,” is” sê hy. hy
Die seun het met geboorte ’n gesonde 3,3 kg geweeg, tot groot verligting van sy ouers. Clarrisa het vroeg in haar swangerskap groot geskrik toe sy intense krampe en bloeding ervaar. “Dit was baie stresvol, maar ons het dit hanteer,” vertel Lionel. “Ons het deurgedruk.”
CLARRISA het twee keer gedink sy het ’n miskraam – op 12 weke en toe weer op 18 weke. “Die dokter het my op medikasie gesit en my ’n streng lysie gegee van dinge wat ek nie moet doen nie; ek mag nie oefening gedoen en swaar goed opgetel het nie. Hy het my later weer toestemming gegee om matige oefening te doen.”
Sy sê die twee swangerskappe het baie van mekaar verskil. “Zarah was in die stuitposisie en dus nie baie aktief in die