Huisgenoot

SEAN VAN NOORDWYK

-

(23) Sy karakter, Reitz Bekker, laat harte galop wanneer hy sy hemp in die Stryders se kleedkamer laat waai. Tog bieg Sean: “Ek was in ’n stadium nogal oorgewig.”

Hy het in 2013 drama aan die Universite­it Stellenbos­ch studeer toe hy besef hy wil as akteur gemaklik in sy eie vel voel. Hy het begin konsentree­r op wat hy eet en gereeld geoefen.

Sean oefen nou sewe dae per week en kies sy kos so natuurlik moontlik. Die resultate is duidelik, maar hy beskou homself glad nie as ’n hartebreke­r nie.

“Ek is nie baie selfversek­erd nie. Dis dalk omdat dit steeds in my onderbewus­syn vassteek dat ek harder en harder moet werk.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa