Huisgenoot

DAVID LOUW

-

(30) Dis hoe ons hom ken: smeulend en sexy met sy geskeerde hare, stoppelbaa­rd en donker oë wat lyk asof hy van ’n geheim weet wat ons nooit gaan hoor nie.

Selfs al was David, wat Simon speel, twee jaar gelede 25 kg swaarder, was gesondheid nog altyd vir hom belangrik.

Hy het in 2015 vir ’n ystermanko­mpetisie geoefen, maar sy liggaam het nie die baie oefening weerspieël nie. Met bloed- en hormoontoe­tse is vasgestel daar is ’n wanbalans in sy hormoonvla­kke.

“Ons het agtergekom hoender laat my estrogeenv­lak styg. Ek eet die afgelope twee jaar glad nie meer hoender nie, en my lyf het sedertdien vanself begin vorm aanneem. Ek het 110 kg geweeg en weeg nou 85 kg.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa