Huisgenoot

DAVID JOHNSON

-

(36) Op 36 laat dié akteur en musikant harte nog net so bolmakiesi­e slaan soos toe hy 15 jaar gelede in die vermaakbed­ryf begin naam maak het.

Deesdae speel hy Liam, ’n rugbybreke­r wat byna 10 jaar jonger as hy is. Dis vir David belangrik om gesond te leef, want dit gee hom selfvertro­ue. Hy glo daaraan om gesond te eet, maar bieg die lekker kos van sy vrou, die sangeres Bianca le Grange, laat vlieg sy selfbeheer­sing by die deur uit. “Sy is ’n foodie, beproef graag nuwe resepte en kook baie lekker.”

Hy bly sewe dae per week aktief met oefeninge wat wissel van touspring en boks tot draf, muurbal en spierbou. Vakansiety­e draf hy die Kaapse berge uit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa