Huisgenoot

FRANCOIS HOUGAARD

-

Blokkiesma­ag? Reg! Tatoes vir Afrika? Reg! Dié gebore Bolander is ongetwyfel­d een van die sexyste, indien nie dié sexyste nie, rugbybreke­rs wat vir die Bokke uitdraf. En sy vuurwarm selfies op Instagram sal enigeen aan hul tee laat verstik.

Hougie is sexy, fiks verby en laat die koppe draai waar ook al hy gaan, of hy nou in ’n ontwerpers­pak vir ’n fotosessie poseer of sy ding op die rugbyveld doen. Wat sy liefdeslew­e betref, hou hy ons in die duister op Instagram en verklap niks oor enige liefies nie. Hy is boonop ’n stylvolle man en mede-eienaar van ’n modeen-leefstylha­ndelsnaam, Gold Street. Hy was selfs vanjaar by die New Yorkse Mansmodewe­ek. Noem hom maar net mnr. Koel!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa