Huisgenoot

DIE FYN DRUK

-

soen. Wonder wat ouma daarvan dink?

Sy was duidelik nie te ontsteld nie, want daar word berig die koningin het Meghan genooi om Kersfees saam met die koninklike familie deur te bring.

Noudat Meghan boonop aangekondi­g het sy verlaat Suits ná sewe seisoene, word gegis sy gaan binnekort Engeland toe trek en dat sy en Harry beplan om in Julie volgende jaar af te haak. Die twee sal dan twee jaar saam wees.

Daar word wyd bespiegel paleisampt­enare het vroeg al besef Meghan is die vrou wat Harry van die mark af gaan haal – en dat sy nou voorberei word vir haar nuwe lewe in die koningshui­s. ris, Jason Knauf. Dié twee is byderhand om te help met enige vrae of kwellings wat sy het. “Daar was al verskeie voorvalle waar Meghan onseker was oor die koninklike protokol,” sê iemand naby aan Harry. “Dit help daarom baie dat sy toegang het tot Harry se span.”

Dan is daar natuurlik iemand anders wat presies weet hoe dit voel om ’n prins se potensiële lewensmaat te wees: die hertogin van Cambridge. Kate – en William – het hulle oor Meghan ontferm, en soos iemand in die binnekring sê, is sy reeds deur die familie aanvaar en is almal bly om Harry so gelukkig te sien.

Kate verstaan waarskynli­k ook alte goed hoe intimidere­nd die idee van die eerste Kersfees saam met die koningin is en het voorgestel dat Meghan se ma, Doria Ragland, saamkom en Kersfees by haar en William tuisgaan in hul huis op die Sandringha­m-landgoed, het The Mirror berig. “Kate was ’n bondel senuwees toe sy die eerste keer Kersfees saam met die koninklike­s moes deurbring en verstaan presies hoe oorweldige­nd dit vir Meghan moet wees,” het ’n ingeligte bron aan The Mirror gesê.

Meghan moes glo reeds leer om nie in egte Hollywood-styl so oop en glimlaggen­d te wees nie. In die strate van Toronto (waar Suits verfilm word) of Londen moet sy haar glo meer terughoude­nd gedra, onder meer sodat mense nie sal sê sy verlekker haar in al die aandag nie.

Sy mag ook nie meer in die sosiale media so aktief wees nie, wat verklaar waarom daar skielik nou niks aangaan op haar Instagram-blad nie. Meghan sal heelparty moets en moenies moet baasraak – en van die reëls is nogal vreemd.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa