Huisgenoot

IN DIE KOLLIG

-

Net soos Kate sal Meghan nie noodwendig ’n prinses word nie. Jy word as een gebore, soos Kate en William se dogter, prinses Charlotte.

Harry gaan volgens Business Insider moontlik die hertog van Sussex word wanneer hy trou, met Meghan wat dan die hertogin van Sussex sal wees.

Maar al kry die aktrise ’n titel, sal sy steeds die knie moet buig voor almal wat nader aan die troon is as Harry. Dit beteken ’n buiging voor prins George (4), Charlotte (2) en hul nuwe boetie of sussie, wat in April gebore word.

Maar die grootste aanpassing sal wees dat elke kameralens op haar gerig sal wees van die oomblik dat ’n verlowing aangekondi­g word. Dis iets waarmee die 19-jarige Diana vreeslik gesukkel het voor haar troue met prins Charles.

Toe dit begin uitkom iets is aan die gang, moes die Kensington­paleis ’n verklaring uitreik om Meghan teen die mediawaans­in te beskerm. “Dis nie reg dat me. Markle ná enkele maande van ’n verhouding met prins Harry aan so ’n storm onderwerp word nie,” het dit gelui. “Hy weet kritici sal meen ‘dis maar die prys wat sy moet betaal’, maar stem glad nie hiermee saam nie. Dis nie ’n speletjie nie; dis haar lewe en syne.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa