Huisgenoot

POT,STEL, GETROUD!

-

HULLE het mekaar oor ontbyt in ’n hotel in Rome ontmoet toe hy verkeerdel­ik aan haar tafel kom sit. Sy was te gaaf om te vra hy moet loop, hy was bekoor en terstond was die wêreld se topsportvr­ou en ’n IT-wonderkind verlief. Drie jaar later is Serena Williams (36) en die Redditmede­stigter Alexis Ohanian (34) getroud. Die twee het die indrukwekk­ende Contempora­ry Arts Center in New Orleans, Louisiana, as hul trouplek gekies – die stad is een van die bruid se gunsteling­plekke. Onder die A-lys-gaste wat aangesê is om volgens ’n Skoonlief en die Ondier-tema aan te trek, was Serena se suster Venus, Kim Kardashian, Beyoncé en Ciara. Die aktrise Meghan Markle, prins Harry se meisie, was glo ook daar – asook Vogue se Anna Wintour, wie se tydskrif blykbaar die eksklusiew­e regte tot die troue bekom het. Die paartjie se klein prinses, Alexis Olympia (2 maande), was ook daar om die spesiale oomblik te aanskou.

Ciara (links) het opgedaag saam met La La Anthony (middel) en Kelly Rowland.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa