Huisgenoot

Blakese Twitterska­nde

-

DIE sanger Blake Shelton wens dalk hy is nooit as die Amerikaans­e tydskrif People se sexyste man op aarde aangewys nie. Dié titel het blykbaar daartoe gelei dat die countrysan­ger en The Voice-aanbieder nou gelooi word deur Twitter-gebruikers oor die homofobies­e en rassisties­e twiets wat hy tussen 2009 en 2011 gestuur het. “Staan en gesels met ’n ou in ’n koffiekroe­g in LA. Hy bestel ’n laevet-karamel-latte. Hoe’t ek geweet hy is gay? !” het hy eenkeer geskryf. En: “Wens die moroon in die vertrek langsaan wil stilbly of ’n bietjie Engels leer sodat ek ten minste kan weet waar hy beplan om ’n bom te plant!!” het hy getwiet. “Walglik,” het iemand getwiet. “Shelton as sexyste man op aarde is die direkte gevolg van Trump se Amerika,” het nog een laat hoor.

Die 41-jarige ster het verskoning gevra vir sy twiets. “Enigiemand wat my ken, weet ek verdra nie haat van enige aard nie. Kan my humor soms onvanpas en onvolwasse wees? Ja. Hatig? Nooit.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa