Huisgenoot

DIE ALLEDAAGSE WONDERWERK

-

Deesdae lees ek maar min, maar gisteraand het ek ’n interessan­te boek begin lees. Dit was my oorlede ouma s’n. Bo een hoofstuk het sy geskryf: “Soek die wonderwerk in elke dag.”

Vreemd genoeg is die titel van dié hoofstuk Wonderwerk­e Gebeur Nie Meer So Baie Nie.

Ek loop heeldag met die teenstrydi­ge boodskappe in my ouma se boek rond, op soek na die blinde wat weer kan sien en die verlamde wat weer kan loop. Maar hoe soek ’n mens ’n wonderwerk? Namiddag gaan haal ek aartappels uit my groentetui­n. En namate my vingers vuil raak, met die hond se nat neus in my gesig en die son op my rug, is dit asof ek my ouma hoor sê: “Soek die wonderwerk in elke dag.”

Ek hét dit, ouma. MONIQUE TERBLANCHE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa