Huisgenoot

1 AFFAIRS: ‘JIP, JY CRACK HEELTEMAL’

-

Baie mense is aangegryp deur die leser wat haar skok oor haar man se skelm verhouding gedeel het na aanleiding van Susan Rohde se woedeboods­kappe

Geen vrou verdien om so verneder te word nie.

Skei en spaar haar die vernederin­g. Sulke mans moet dieselfde aangedoen word deur die volgende vrou. – BELINDA ERNST KIES

Jip, jy crack heeltemal.

Dan vertroos mense hom terwyl jy en die kinders eenkant huil. As jy van binne ’n verraaier is, sal niks jou verander nie. Jou gesin behoort heilig te wees. – ZS

Jy kom nooit daaroor nie.

Skielik verstaan jy hoekom hy laat werk, in die tuin oproepe maak en jou voor vriende slegmaak. Ná die egskeiding sit jy met die letsels. – NP

Ons was besig om te emigreer toe ek van die affair uitvind.

Sy plan was om my en die kinders in Australië te los en terug te keer. Die seer en woede gaan nooit weg nie. – RC

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa