Huisgenoot

BLY OF LOOP NÁ ONTROU?

-

V Ek en my vrou is nou vyf jaar getroud en het twee pragtige kinders. Ons was skaars drie maande getroud toe sy my verneuk. Met die laaste swangerska­p het sy my verkul terwyl sy verwagtend was.

Ek weet die kinders is myne en is bitter lief vir hulle. Ek weet nie of ek moet loop of bly nie. Sal ek haar weer kan vertrou of gaan ek my tyd mors? Help Asseblief op G

A Om huwelikson­trou te vergewe, te verwerk en voort te bou aan ’n nuwe verhouding is vir enige paartjie ’n uitdaging. Dis moontlik, veral as jy heeltemal eerlik is met jouself en nie jou vrou se foute en die verlede probeer ontken nie.

Vergifnis is nie goedkoop nie, maar om nie te vergewe nie het ook ’n prys. Versoening is nie ’n voorvereis­te vir vergifnis nie; dit is ’n bonus as dit bewerkstel­lig kan word. Jy kan ook vergeef en steeds ’n nuwe lewe begin.

Jy sal baie moet opoffer om om jou kinders se onthalwe by haar te bly. Jy sal moet leer saamleef met die pyn van gedagtes aan haar ontrou. Die vraag is: Wil jy kies om te vergewe en die lewe weer saam met iemand aanpak wat jou in die verlede verraai en mislei het omdat sy haar eie behoeftes vooropgest­el het? Hoe gaan jy ’n woord glo wat sy sê?

Waarvoor wil jy hê moet jou kinders jou eendag bedank: kinderjare in twee huise vol vrede of in ’n enkele huis vol spanning?

As jy besluit om dié hoofstuk af te sluit, moet jy aan ’n nuwe lewe werk en tydens jou egskeiding ’n ouerskapsp­lan opstel wat ruimte daarvoor laat dat jy jou kinders in ’n huis sonder selfsug kan grootmaak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa