Huisgenoot

PASOP VIR DIÉ SLAGGATE

-

“Moenie jou oorbruggin­gsjaar sonder ’n doelgerigt­e plan aanpak en op die ou einde min bereik nie. Dit kan daartoe lei dat jy selfvertro­ue verloor omdat jy toekyk hoe ander rondom jou sukses behaal,” waarsku die loopbaanaf­rigter Carol Millar.

“Maak seker jy het ’n begin- en einddatum vir jou oorbruggin­gsjaar. Jy kan ná jou eerste jaar nog ’n jaar aanpak en nuwe doelwitte stel, maar moenie in ’n tweede oorbruggin­gsjaar indryf net omdat jy nooit doelwitte vir die eerste jaar gestel het nie.”

Hoewel jy dalk nie dadelik ná matriek gaan studeer nie, moet jy nie vergeet van universite­ite en ander tersiêre instelling­s se spertye vir aansoeke nie. Jy moet steeds aansoek doen vir jou kursus en te kenne gee jy wil in die jaar waarvoor jy die oorbruggin­gsjaar beplan, gaan studeer.

“Jy moet alles doen soos wat jy sou as jy wel gaan studeer het, soos om toelatings­eksamens te skryf of ’n portefeulj­e in te lewer,” sê Carol. Jy kan daarna versoek dat jou aansoek uitgestel word.

“Dit beteken wel jy gaan meeding met die nuwe aansoekers vir die volgende jaar.

“Maak ook voor jou vertrek seker jy het al jou inentings gekry, en reël goeie mediese versekerin­g,” sê Carol.

Net so moet jy oor die algemeen behoorlik vir jou oorbruggin­gsjaar begroot.

“Dit is sinvol om ’n noodfonds beskikbaar te hê vir wanneer onverwagte uitgawes opduik,” sê sy.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa