Huisgenoot

‘Willowkanh­aareiekopv­olg’

-

Kinders grootmaak is nie maklik nie, selfs al is jy ryk en beroemd. In van Jay-Z se albumvoetn­otas vertel onder andere Will Smith (49) van die oomblik wat hom laat heroorweeg het hoe hy sy drie kinders grootmaak. ’n Mens kan altyd op die bekroonde akteur en sy vrou, Jada Pinkett Smith (46), reken vir goeie raad. As die ouers van kinders wat hul eie kop volg, het albei al vertel hoe hulle ouerskap benader om elke kind se individual­iteit aan te moedig. In 2012 het hul dogter, Willow, as 11-jarige baie sukses behaal met haar treffer, Whip My Hair, maar toe skeer sy haar hare af. Talle mense het toe gewonder hoekom Will en Jada haar op so ’n jong ouderdom toegelaat het om iets so drasties aan te vang.

Will sê hy was nie geskok oor haar geskeerde kop nie; hy was onthuts oor die rede. Willow was in die middel van die Whip My Hair-toer en het herhaaldel­ik gesê sy wil huis toe gaan, terwyl haar pa haar aangemoedi­g het om die toer te voltooi.

Will vertel toe hy sien wat sy gedoen het, het hy gedink: “O, gaats!”

Hy het toe besef hy het nie aandag geskenk “aan wat emosioneel met hierdie pragtige wese voor my aangegaan het nie”.

Jada het destyds in ’n Facebook-inskrywing vertel hoekom sy en Will glo dis belangrik dat Willow in beheer is van haar eie lyf.

“My hare! My keuse!” Willow het naam gemaak met ’n liedjie oor haar hare – maar dit plotseling afgeskeer toe sy keelvol raak van toer. ‘In ons samelewing word vroue (en) meisies konstant daaraan herinner dat hulle nie aan hulself behoort nie’ – JADA PINKETT SMITH

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa