Huisgenoot

Karoo-inspirasie vir jou nagereg

Hier is vyf maniere om dié lipleklekk­er poeding in ’n glas te geniet

-

T ANT’ Sannie Se Melktert is ’n nuwe, heerlike likeur wat jou terugvoer na hoe melktert moet smaak – hoe tant Sannie van die Karoo dit maak. Verbeel jou net: ’n= soet, krakerige kors met ’n sagte binnekant gemaak van Bella die koei se melk, kondensmel­k, kaneel en ’n knertsie uit oom Dawie se heupflessi­e. Die legende is in die Karoo gebore, maar Suid-Afrikaners geniet dit in elke huishoudin­g. En nou kan jy met behulp van Tant’ Sannie Se Melktert vir jou gaste poeding in ’n glas voorsit. Al wat jy benodig, is ’n glas, ’n bietjie ys en kaneel. Giet Tant’ Sannie Se Melktert oor ys, sprinkel vir die mooi kaneel oor, en siedaar, jy het ’n nagereg uit die boonste rakke!

Tant’ Sannie Se Melktert het ook ’ n heerlike geur wat ander nageregte selfs lekkerder maak. Beproef een van dié vyf voorstelle: S

Maak roomyssous

Giet ’n blikkie ingedampte melk by twee opgekapte Bar-Ones en ’n koppie van Tant’ Sannie Se Melktert in ’n pot, en roer tot alles opgelos en saamgesmel­t het. Sit dit voor oor vanielje- of sjokolader­oomys. S S S S

Voeg dit by malvapoedi­ng

Volg die gewone malvapoedi­ngresep, maar vervang een van die koppies melk in die resep (in die sous, beslag of albei) met ’n koppie Tant’ Sannie Se Melktert.

Maak yskastert

Noem dit sommer Afrikaanse tiramisu: Gebruik Tant’ Sannie Se Melktert pleks van die tradisione­le geure soos suurlemoen of koffie wanneer jy weer yskastert maak.

Warmsjokol­ade

Voeg ’n skeut Tant’ Sannie Se Melktert by wanneer jy warmsjokol­ade maak. Moenie vergeet om ’n malvalekke­r in jou koppie te sit nie!

Tant’ Sannie Se Melktertmo­usse

S

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa