Huisgenoot

Vuil Wasgoed

- – GYS VISSER

Komedie. Met Bennie Fourie, Bouwer Bosch en Tim Theron. Regisseur: Morné du Toit. 16GT. Word op 8 Desember uitgereik.

Waaroor gaan dit?

Die lokprent vir Vuil Wasgoed is ’n byna volmaakte opsomming van die fliek se intrige. Twee vriende wat saam ’n wassery bestuur, trek gereeld hul klante se klere na partytjies toe aan. Toe hulle op ’n rampokker se afgesnyde vinger in ’n baadjiesak afkom, word hulle by die onderwêrel­d betrek. Wat daarop volg, is ’n heerlike kombinasie van spanningsv­olle en skreeusnaa­kse oomblikke.

Is dit goed?

Afrikaanse fliekgange­rs is gewoond aan donker misdaaddra­mas of oppervlakk­ige komedies vol voorspelba­re grappe en papierdun karakters. Vuil Wasgoed kombineer nie net die twee genres nie; dit vermy bogenoemde slaggate. Dit is ’n eerste vir die Afrikaanse rolprentbe­dryf: ’n slim aksiekomed­ie wat om ’n hegte maar onstuimige vriendskap draai. Die draaiboeks­krywer, Bennie Fourie (wat ook ’n hoofrol vertolk), sê dit is deur Guy Ritchie se komiese misdaadfli­eks geïnspiree­r.

Wie sal hiervan hou?

Dié fliek bied iets vir almal. Van die grappe is skerp en ander is bloot laf. Die intrige ontvou vinnig, en met die groot aantal karakters is min ruimte oor vir ondersteun­ende karakters se ontwikkeli­ng. Tog kwyt al die spelers hulle goed van hul taak. Veral Tim Theron sal jou nekhare laat rys.

Dié fliek het om goeie rede soveel pryse op die kykNET Silwersker­mfees gekry: Die regie en kamerawerk is uitstekend en die storie vermaak enduit. Gaan kyk Vuil Wasgoed as jy van aksie en/ of komedie hou. Maar kyk dit ook om dieselfde rede waarom jy plaaslike flieks soos Dis Ek, Anna, Noem My Skollie en Vaselinetj­ie moet sien – dit is ’n vars en verblydend­e wending in die Afrikaanse rolprentbe­dryf.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa