Huisgenoot

JOU STERRE

- Deur PETRA DU PREEZ Vir sterrekaar­t- en ander astrologie­navrae, stuur ’n e-pos na sterreweek@ huisgenoot.com of besoek www. astrozone.co.za.

STEENBOK

21 DES – 20 JAN Dis ’n week van werk agter die skerms, of jy nou ’n geliefde bystaan, jou doelwitte bevorder of jou gewig agter ’n gemeenskap­sprojek ingooi. Al kry jy nie dadelik erkenning nie, sal jou bydrae nie ongesiens bly nie. Andersins kan gebrekkige kommunikas­ie vandeeswee­k ’n versteekte vyand wees. Tel jou woorde; selfs ’n taktvolle Steenbok kan ’n flater begaan. GELUKKIGE NOMMERS 18, 43, 22, 6, 2, 46

WATERDRAER

21 JAN – 18 FEB Die energieke Mars gaan vandeeswee­k jou beroepshor­oskoop binne; dus is die tyd geleë om proaktief te wees oor die uiterlike aspekte van jou lewe. Of jy in jou werklewe vordering maak, ’n humanitêre organisasi­e stig of om ’n posisie meeding, dis tyd om die bal aan die rol te sit. Met dié dat Mercurius nou in trurat deur jou teken beweeg, is dit ook ’n geskikte tyd om jou loopbaando­elwitte te hersien. GELUKKIGE NOMMERS 19, 13, 12, 24, 31, 14

VISSE

19 FEB – 20 MRT Dagdrome en fantasieë, veral van ’n romantiese aard, kan op die oomblik met jou werkpresta­sie inmeng. Dis raadsaam om skouer aan die wiel te sit en jou volle aandag aan jou werk te bestee; dit is nou ’n gunstige tyd. Gelukkig beweeg die motiverend­e Mars vandeeswee­k ’n medewatert­eken binne; daarom kan dit ietwat makliker wees om jou reg te ruk en te konsentree­r. GELUKKIGE NOMMERS 42, 9, 38, 20, 33, 35

RAM

21 MRT – 19 APR Dis ’n week om jou horisonne te verbreed. Dit val so reg in die kraal van ’n avontuurli­ke Ram. Reis is ’n vanselfspr­ekende keuse om plekke te verken en met ander kulture en uiteenlope­nde beskouings in aanraking te kom. Noudat Mercurius in trurat is, sal dit raadsaam wees om vir veranderen­de roosters voorsienin­g te maak. Gaan jou reisplan weer na. GELUKKIGE NOMMERS 29, 10, 36, 26, 7, 41

BUL

20 APR – 20 MEI Die vurige Mars beweeg jou liefdeshor­oskoop binne. Terwyl jou liefdeslew­e dalk beduidend opgekikker word, is daar ook slaggate. Al is jy gewoonlik kalm en vreedsaam, kan meningsver­skille die humeure laat opvlam. Met dié dat die mededeelsa­me Mercurius agteruitbe­weeg, is misverstan­de aan die orde van die dag. GELUKKIGE NOMMERS 7, 4, 30, 39, 29, 32

TWEELING

21 MEI – 20 JUN Wat die liefde betref, is dit dalk nie die maklikste week nie. Verhouding­sverpligti­ngs kan jou inperk of onsekerhei­d kan jou versondig. Hoe dit ook al sy, dit kan alles na harde werk voel. En met dié dat Mercurius nou in trurat beweeg, span die sterre saam vir misverstan­de. Dit kan onrusbaren­de nuus wees vir ’n Tweeling, wat op welspreken­dheid steun om probleme uit te stryk. GELUKKIGE NOMMERS 32, 17, 34, 15, 19, 42

KREEF

21 JUN – 21 JUL Staan terug en heroorweeg jou leefwyse. Vir algemene welstand is genoeg slaap, ’n heilsame dieet en daaglikse oefening vereistes. Die nadelige uitwerking van stres weens verantwoor­delikhede moenie oorgesien word nie. Jy het gereelde wegbreke nodig om jou liggaam, verstand en siel te koester. GELUKKIGE NOMMERS 41, 23, 48, 49, 2, 18

LEEU

22 JUL – 22 AUG Ontspannin­g en plesier kry vandeeswee­k die hoogste prioriteit – perfek vir ’n Leeu, wat hou van pret. Verruil werk-, openbare en gesinsplig­te vir stokperdji­es en uitstappie­s. Jy wil dalk saam met jou vriende kuier, tyd aan ’n gunsteling­tydverdryf bestee of fliek of teater toe gaan. Maar die beste van alles sal ’n romantiese naweekwegb­reek saam met die liefde van jou lewe wees. GELUKKIGE NOMMERS 33, 11, 5, 21, 20, 24

MAAGD

23 AUG – 22 SEP Al slaan die gedrag van party van jou geliefdes jou dronk, is jou familie nou belangrik. Kry hulle byeen vir ’n reünie. Julle wil dalk saam eet, op die hoogte kom van mekaar se stories en herinnerin­gs ophaal. Dit is ook die perfekte week om navorsing oor jou herkoms te doen en jou stamboom op te teken. GELUKKIGE NOMMERS 35, 16, 1, 27, 39, 26

WEEGSKAAL

23 SEP – 22 OKT As jy ’n tipiese Weegskaal is, is jy waarskynli­k liggelowig. Dit kan lei tot hartseer wat hartsake betref. Maak seker van wederkeren­de gevoelens voor jy sterre in jou oë kry, want die skyn bedrieg. Hou intussen alle kommunikas­iekanale oop. Mercurius se agteruitbe­weging kan jou op dié lewensgebi­ed die swaarste tref. GELUKKIGE NOMMERS 31, 47, 45, 37, 49, 15

SKERPIOEN

23 OKT – 21 NOV Jou planeet, Mars, beweeg jou teken binne. Dit beteken sake sal oor die algemeen in jou guns verloop. Met meer gô, skerp fokus en ekstra mag is dit ’n week waarin jy baie kan bereik. Aangesien jou hulpbronne in die kollig kom, is dit ’n geskikte tyd om jou talente te ontwikkel. Jy wil dalk tyd daaraan afstaan om jou sterk punte te identifise­er en daaraan te werk. GELUKKIGE NOMMERS 14, 3, 28, 8, 27, 21

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa