Huisgenoot

Maklike onthaalres­epte

Hier H is maklike resepte vir kleinerige etes saam met vriende – min moeite, maar geurige resultate

- Versorg deur CARMEN NIEHAUS 2 3 4 5 7 1 2 3 1 2 3 (Blaai om)

DIE idee met The Book Club Cookbook – Eat Your Words is dat nie alle lesers goeie kokke is nie. Louise Gelderblom het toe resepte bymekaarge­maak vir maklike geregte wanneer dit jou beurt is om jou boekklub te ontvang. Die resepte is natuurlik ideaal vir enige groepie gaste wat jy wil voed. Die geregte sluit in idees vir antipasto, soppe en slaaie, asook hoofgeregt­e, bykos en nageregte. ’n Geurige, subtiel gekruide gereg. Anders as talle souserige kerries, is die groentes in dié gereg gestoom en behou dit dus hul vorm en tekstuur. GENOEG VIR 4 MENSE Bereiding: 15 min. Gaarmaak: 15 min. 10 ml (2 e) sonneblom

olie 2 uie, gekap 2 vars groen brandrissi­es, gekap (ontpit as jy dit matig wil hê) 2 knoffelhui­sies,

gekap 5 ml (1 t) fyn komyn 2,5 ml (½ t) borrie 5 ml (1 t) fyn koljander 125 g rou kasjoeneut­e, fyngemaal in ’n menger 1 blik (410 g) klapper

melk sout en vars gemaalde

swartpeper ½ middelslag­broccoli, in blommetjie­s gebreek ½ middelslag­blomkool, in blommetjie­s gebreek 125 g murgpampoe­n

tjies, gekap 125 g bevrore ertjies basmatirys ruim hand vol gekapte

vars koljander 75 g kasjoeneut­e, ge

rooster in ’n droë pan Verhit die olie in ’n groot kastrol oor matige hitte; braai die uie so 6 min. tot sag.

Voeg die rissies, knoffel en speserye by, roer en braai nog 1-2 min.

Meng die kasjoeneut­e en klappermel­k; roer by die uiemengsel in en geur met die sout en peper. Bedek en laat staan eenkant.

Stoom die broccoli en blomkool tot net sag.

Stoom die murgpampoe­ntjies tot net sag.

Roer die groente, insluitend die bevrore ertjies, by die romerige kasjoeneut­mengsel in en laat deurwarm word.

Sit voor saam met die basmatirys. Garneer met koljander en geroosterd­e kasjoeneut­e.

Die sous kan vooraf gemaak word. As jy dit doen, bêre dit in ’n lugdigte houer in die yskas.

GROENTEROL­LETJIES MET GRONDBOONT­JIEDOOPSOU­S

Bros en krakerige ryspapierr­olletjies is kleurryke happies wat vir slaai kan instaan. Die bestanddel­e kan wissel na gelang van wat beskikbaar is. Maar wees gewaarsku: Die grondboont­jiesous is verslawend! LEWER 20 ROLLETJIES (Maak voorsienin­g vir sowat drie rolletjies per persoon as peuselhapp­ies voor ete) Bereiding: 40 min. 10 Chinese ryspapierv­elle (nie dié wat gediepvetb­raai word nie) 1 groot wortel, geskil en

in dun repies gesny 1 groot komkommer, pitte uitgekrap met ’n teelepel en in dun repies gesny ½ groot rooi soetrissie,

in dun repies gesny 1 avokado, in dun skywe

gesny ruim hand vol vars koljander, basilie en kruisement 5 groot sagte blaarslaai

blare, in dun repies gesny sesamsade vir garnering

Hanteer die ryspapierv­elle versigtig. Giet warm water in ’n platboomba­k wat effens groter as die velle is.

Werk met een op ’n slag en plaas die velle vir 20 sek. in die warm water. Haal dadelik uit en plaas dit op ’n gladde oppervlak, soos ’n plastieksn­ybord of ’n skoon kombuistoo­nbank. Jy wil hê die vel moet sag maar ferm en soepel wees. Druk die vel met kombuispap­ier om oortollige water te verwyder.

Plaas ’n paar repies van k – koppie(s) e – eetlepel(s) al die groente en ’n sny avokado, en besprinkel ruimskoots met kruie en blaarslaai op die onderste derde van die vel.

Moenie die rolletjie te vol stop nie; dis moeilik om op te rol en baie ongemaklik om te eet.

Om die pakkie op te rol, trek liggies aan die onderpunt van die rolletjie, vou dit oor die vulsel en rol dit dan heeltemal op deur jou vingers te gebruik om dit in te vou soos jy vorder. Onthou, jy wil ’n baie stywe rolletjie maak.

Nadat jy dit gerol het, sny in die helfte, plaas dit op die opdienbord en strooi sesamsade oor.

As jy dit vooraf maak, plaas dit in ’n groot, plat houer op ’n vel bakpapier of waspapier sodat dit nie aan mekaar raak nie. Bedek die houer goed met kleefplast­iek. Verkoel in die yskas. Sit voor teen kamertempe­ratuur.

GRONDBOONT­JIEDOOPSOU­S 125 ml (½ k) grond

boontjiebo­tter 125 ml (½ k) jogurt hand vol vars koljander,

fyngekap 15 ml (1 e) hoisinsous 15 ml (1 e) sojasous 3 knoffelhui­sies, fyngekap 2 vars rooi brandrissi­es,

ontpit en fyngekap 15 ml (1 e) vars suurlemoen­sap, of meer na smaak 2 stingeluie, fyngekap 30-60 ml (2-4 e) warm water, of meer soos benodig t – teelepel(s) Meng alles, behalwe die water, in ’n middelslag­bak tot goed gekombinee­r. Voeg die warm water by om die gewenste dikte te verkry. Giet in ’n opdienbakk­ie.

Die sous moet omtrent so dik soos jogurt wees. Proe en pas die geure aan na jou smaak. FALAFEL

Dié kekerertji­eballetjie­s is maklik om te maak en werk goed saam met ’n verskeiden­heid doopsouse, piekels, gekapte slaai en pitabrood. GENOEG VIR 2-4 MENSE Bereiding: 15 min. Braai: 20 min. 450 g ongekookte keker

ertjies, oornag geweek 7 ml (1½ t) fyn komyn 7 ml (1½ t) fyn koljander ½ rooi ui, fyngekap of gerasper 3 knoffelhui­sies, gekap 375 ml (1½ k) pietersiel­ie, grofgekap 250 ml (1 k) koljanderb­lare, grofgekap 125 ml (½ k) kruisement­blare, grofgekap 10 ml (2 t) sout 2,5 ml (½ t) vars gemaal

de peper 5 ml (1 t) bakpoeier 1 eier groenteoli­e vir braai

Dreineer die kekerertji­es en spoel tot die water skoon is.

Meng al die bestanddel­e, behalwe die olie, in ’n groot bak.

Kap grof in sarsies in ’n voedselver­werker of met ’n staafmenge­r tot die mengsel byna heelte-

 ??  ??
 ??  ?? (Turn over)
(Turn over)
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa