Huisgenoot

Beplan jou brugbaar deeglik

Dit is nie meer net ’n tyd van ontspan en pret hê nie, maar moet deeglik beplan word. Ons help jou besluit

- Deur CHARLEA SIEBERHAGE­N-GREY (Blaai om)

MATRIEKS landwyd juig nou oor hul skooljare wat eindelik verby is, maar nie almal is seker oor die pad vorentoe nie. Net so is daar baie jong mense wat klaar is met naskoolse opleiding en sukkel om werk te kry of ’n blaaskans wil neem voor hulle ’n loopbaan aanpak. Vir almal is dit ’n tyd van groot besluite.

Een opsie om tyd te wen voor jy finaal besluit watter rigting jy wil inslaan, is om ’n oorbruggin­gsjaar te neem en oorsee te gaan werk.

Daar is talle opsies om uit te kies. Ons het kenners raad gevra om jong mense en hul ouers te help met dié besluit.

“’n Oorbruggin­gsjaar was in ’n stadium ’n jaar om te ontspan en dalk ’n bietjie te reis,” sê Carol Millar, ’n loopbaanaf­rigter van Kaapstad.

Maar sy meen dié neiging het verander.

“Dit is nou ’n jaar wat deeglik beplan word en meer gefokus is. Jong mense begin agterkom hulle moet werk- en lewenserva­ring op hul CV hê. Hulle besef dat net ’ n graad of ’n kwalifikas­ie nie meer genoeg is om jou van ’n werk te verseker nie,” sê sy.

’n Oorbruggin­gsjaar oorsee is ook ’n uitstekend­e geleenthei­d om geld te maak, sê Jessica Gould, projekbest­uurder van Gap Year South Africa.

WANNEER MOET JY DIT DOEN?

Jessica het ’n oorbruggin­gsjaar gedoen nadat sy haar studie in die rolprentwe­se voltooi het. “Om die jaar ten volle te benut, moet jy dit doen voor jy gaan studeer,” is haar raad vandag. “’n Mens ontdek baie nuwe dinge oor jouself in daardie tyd weg van die huis af, en jy leer nuwe vaardighed­e. Dit help jou om vas te stel wat jy graag wil studeer. As ek my oorbruggin­gsjaar voor my studie gedoen het, sou ek eerder bemarking of vir ’n graad in sakebestuu­r studeer het,” sê Jessica.

Carol, daarenteen, meen daar is nie noodwendig ’n regte of verkeerde tyd nie. “Die eintlike vraag is: ‘ Wanneer is dit juis vir my die beste tyd om ’n oorbrug-

gingsjaar te doen?’ Jy moet verskeie faktore in gedagte hou, soos of die universite­it waar jy graag wil studeer dit sal toelaat dat jy jou studie vir ’n jaar uitstel.”

Sy sê dit hang ook daarvan af of jy geld moet verdien sodat jy vir jou studie kan betaal. “Besluit wat jou doelwit met die jaar is: Wil jy iets nuuts leer, wil jy uit ’n gemaksone kom, wil jy oor ander kulture leer of wil jy geld maak?”

WAT IS DIE VOORDELE?

’n Oorbruggin­gsjaar gee vir jong mense die geleenthei­d om meer volwasse te raak en hulle kry ’n nuwe uitkyk op die lewe, want hul ervaringsw­êreld verbreed, meen Carol.

“Jy kry die geleenthei­d om verskillen­de mense te ontmoet, onafhankli­ker te raak en meer verantwoor­delikheid te hê.”

Dit kan voordelig wees om tydens jou oorbruggin­gsjaar iets te doen in min of meer dieselfde rigting as die beroep wat jy oorweeg.

“Dan voeg die praktiese ervaring waarde toe tot jou CV. Dit kan nuttig wees as jy eendag vir werk aansoek doen,” sê Carol.

WAT IS DIE MOONTLIKHE­DE? WERK AS ’N KINDEROPPA­SSER

Wanneer jy as kinderoppa­sser (au pair) werk, woon jy minstens ’n jaar by ’n gesin. Jy word deel van dié gesin se daaglikse roetine.

Jy moet minstens matriek voltooi het en tussen 18 en 26 jaar oud wees, en jy moes al voorheen met kinders gewerk het, verduideli­k Karen Pretorius, be- stuurder van die werkendeva­kansies-afdeling van die reisagents­kap STA Travel.

Die vereistes verskil van land tot land, maar jy hoef nie amptelike opleiding te hê nie, sê Carla Verster, hoof van Carla’s Au Pairs. Jy moet net ervaring hê, soos dat jy kinders opgepas het of vrywillige werk by ’n kleutersko­ol gedoen het, en geldige verwysings vir dié ondervindi­ng.

“Wanneer jy in Amerika as au pair werk, kan jy sowat R2 800 per week verdien. En onthou, jou lewenskost­e word gedek; daarom kan jy basies die geld gebruik soos jy wil,” sê Karen. Suid-Afrikaners kry geleenthed­e om in lande soos Nederland, Italië, Frankryk, Duitsland en België as kinderoppa­sser te gaan werk. Au pairs in Europa kan tussen R5 000 en R7 000 per maand verdien, sê Carla, maar dit hang ook af van waar jy werk. Verskeie au pair-agentskapp­e in Suid-Afrika kan jou help om uit te vind oor geleenthed­e. Van die agentskapp­e bied ook ’ n oriënterin­gskursus aan voor jy as au pair begin werk. Een van die voordele is dat jy in sommige lande by ’ n gemeenskap­skollege kan studeer terwyl jy as au pair werk. “Jy beleef ’n nuwe kultuur deur deel te wees van ’n gesin en jy is deel van iemand se grootwordj­are, wat baie spesiaal is,” sê Carla. “Jy kry ook geleenthed­e om te reis, en van die gesinne vat die au pairs saam op luukse vakansies,” sê Carla. Een van die grootste nadele is dat jy huis toe kan verlang wanneer jy vir so ’n lang tyd weg is en in ’n nuwe kultuur woon en werk. “Dit is belangrik om nie die verkeerde verwagting­s te hê nie. Jy gaan reis en geld verdien, maar jy gaan ook hard werk – en om met kinders te werk kan baie moeilik wees,” maan Carla.

WERK OP ’N SEILJAG

“Dit is ’n baie winsgewend­e geleenthei­d. Volgens mense wat dit al gedoen het, kan jy tot €10 000 (sowat R165 000) in drie maande verdien,” sê Karen. Jou take wissel van skoonmaak en instandhou

dingswerk op die seiljag tot

‘Wat is jou jo doelwit: doel it Wil jy iets nuuts leer, uit ’n gemaksone kom, oor ander kulture leer of geld maak?’

om na gaste om te sien.

Om dié soort werk te kry kan ’n duur en moeilike proses wees, want jy moet vooraf sekere opleidings­kursusse voltooi, soos ’n basiese matrooskur­sus oor arbeid op ’n seiljag. Van die vereistes is ook dat jy tussen 20 en 29 jaar oud is, Engels kan praat, goed kan swem en fiks en “goed versorg” is, lui een advertensi­e.

Volgens Karen klim ’n mens gewoonlik in Nice, Frankryk, op ’n seiljag nadat jy die nodige kursusse voltooi het. “Daarna is die geleenthed­e eindeloos. Van die seiljagte reis tot by die Karibiese Eilande; ander vaar in die Middelland­se See aan die kus van Spanje, Griekeland of Noord-Afrika.”

Jy kan by ’n reisagents­kap of plaaslike seiljagage­ntskap nog inligting kry oor werkgeleen­thede op seiljagte en die nodige kursusse.

Besoek ook statravel . co. za of southafric­anyachties.co.za.

WERK A S’ N PASSASIER SKIPFOTOGR­AAF

As jy van fotografie hou, kan jy as fotograaf op ’n passasiers­kip tot R16 000 per maand verdien, sê Karen. Maar jy moet eers ’n fotografie­kursus van twee tot drie weke voltooi voor jy op skepe kan begin werk.

Volgens Karen is een van die voordele dat jy nuwe kulture gaan ervaar en dikwels nuwe lande besoek.

“Die res van die bemanning gaan jou tweede familie word.

“Boonop sal jy lewenslang­e vriendskap­pe vorm omdat jy ses maande lank saam met daardie mense gaan werk.”

Sy waarsku wel die lang tye ter see kan uitputtend wees.

’n Mens kan by ’n reisagents­kap navraag doen oor geleenthed­e.

GEE ENGELS

Dis baie gewild en ál meer Suid-Afrikaners gaan doen dit eerder in Asië as in Europa, volgens Juli Horvath-Levington, bestuurder van die Tesol Suid-Afrika(Teaching English to Speakers of Other Languages-)opleidings­instituut in Kaapstad, wat studente oplei om in ander lande Engels te gee.

“Omdat so ’n groot vraag bestaan, is dié lande toegeeflik­er met vereistes vir Engelsonde­rwysers,” sê Juli. “Lande soos China, Thailand en Viëtnam raak baie gewild onder mense wat ’n oorbruggin­gsjaar ná skool wil doen,” sê Juli.

Volgens Karen kan jy in Thailand tussen R10 000 en R20 000 per maand verdien. Juli sê ook die salarisse wissel van R4 000 (met gratis verblyf en etes tydens werkure) tot R35 000 per maand. “Maar dit hang af van jou kwalifikas­ie en die land waar jy werk.

“Mense wat reeds ’n graad het en ’n bietjie meer geld wil verdien, verkies om in Suid-Korea en die Midde-Ooste te gaan Engels gee,” sê Juli. Dan kan jy tot R35 000 per maand verdien, maar dit wissel ook na gelang van die land en jou kwalifikas­ie.

Ál meer Suid-Afrikaners verleng hul Engelsonde­rrigkontra­kte in die buite- la land omdat hulle baie geld verdien.

Moontlike nadele is dat sommige mens se swaarkry omdat hulle voel hulle het n nog nie genoeg lewenserva­ring om direk n ná skool onderwys te gee nie of hulle voel d dalk oorweldig deur die kultuursko­k.

Volgens Juli kan mense Tesol SuidA Afrika kontak as hulle in die kursusse bel langstel.

Vir werkgeleen­thede is reisagents­kapp pe of ’n agentskap soos GoldKey Educ cation ’n goeie plek om aan te klop.

WERK W BY ’N SOMERKAMP IN DIE VSA

D Die program om by somerkampe in Amerika te werk raak volgens Karen ook ál gewilder. Dié program, waar jong mense help om na kinders by dié kampe om te sien, strek gewoonlik van Mei tot einde Augustus, en daarna het jy 30 dae om deur Amerika te toer. Jy moet minstens 19 jaar oud wees en moes verkieslik al met kinders gewerk het, soos as afrigter, onderwyser of jeugwerker.

“Somerkampw­erk betaal nie vreeslik baie nie, maar jy sal genoeg verdien om te oorleef terwyl jy daar is. Die kans dat jy met ’n wins gaan huis toe kom, is skraal omdat jy waarskynli­k die meeste van die geld gaan gebruik om ’n bietjie van Amerika te sien,” sê Karen.

Van die voordele is dat jy mense van oor die wêreld heen ontmoet en baie tyd in die buitelug deurbring. Volgens Karen is dit harde werk om by so ’n somerkamp diens te doen.

“En ongelukkig is dit ’n korttermyn­kontrak van drie maande,” sê sy.

Reisagents­kappe kan jou met inligting oor somerkampe in Amerika help.

‘Lande soos China, Thailand en Viëtnam raak baie gewild onder mense wat ’n oorbruggin­gsjaar ná skool wil doen’

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa