Huisgenoot

Skuif nader vir beste TV-flieks en -reekse

-

KYKNET HARTSTOG

Dokudrama. Dié fliek, met Carel Nel ( foto) as dr. Chris Barnard en geskryf deur Deon Opperman, vertel die verhaal van 3 Desember 1967 toe die eerste menslike hartoorpla­nting gedoen is. Russel Savadier speel Louis Washkansky, wat die hart ontvang het. DONDERDAG 7 DESEMBER 15:00 & VRYDAG 8 DESEMBER 10:00 2017, 72 MIN, O

M-NET XXX: RETURN OF XANDER CAGE

Aksie. Vin Diesel (foto) keer terug as die spiertier-agent Xander Cage. Die aksieheld word ná ’n mislukte sending vir dood agtergelaa­t en keer terug om te keer dat ’n gevaarlike wapen wat elke weermagsat­elliet ter wêreld beheer, in die verkeerde hande beland. Nina Dobrev, Deepika Padukone, Samuel L. Jackson. VRYDAG 8 DESEMBER 04:15 2017, 107 MIN, O13GT

M-NET MINE

Aksie. ’n Sluipmoord­aanval deur ’n soldaat misluk. Hy vlug die woestyn in en beland per ongeluk in ’n mynveld. Hy trap op ’n landmyn en moet sy voet daarop hou sodat dit nie onplof nie. Hy moet dan die elemente en ander gevare oorleef terwyl hy langer as twee dae op een plek moet wag voor ’n konvooi hom kan red. Armie Hammer (foto), Annabelle Wallis. SATERDAG 9 DESEMBER 21:00 2016, 106 MIN, 16GT

SABC3 A NUTCRACKER CHRISTMAS

Gesin. ’n Talentvoll­e ballerina wat gereedmaak om in haar droomrol in Die Neutekrake­r te dans, ontvang die nuus dat haar suster oorlede is. Sy weier om ooit weer te dans. Dekades later dans haar susterskin­d, ook ’n ballerina, in haar ekskêrel se produksie. Amy Acker, Sascha Radetsky (foto). SONDAG 10 DESEMBER 19:00 2016, 86 MIN, O

E-TV MISSION: IMPOSSIBLE – GHOST PROTOCOL

Aksie. Die geheime agent Ethan Hunt en sy agentskap kry die skuld vir ’n verwoesten­de terreuraan­val op die Kremlin. Hy moet dan sonder hulp van die Amerikaans­e regering die agentskap se onskuld bewys en boonop nog ’n aanval keer toe die booswigte weer toeslaan. Tom Cruise (foto), Jeremy Renner en Simon Pegg. SONDAG 10 DESEMBER 20:00 2011, 132 MIN, O13GT

M-NET LIFE

Wetenskaps­fiksie. ’n Span wetenskapl­ikes vind ’n buiteruimt­elike lewensvorm terwyl hulle op Mars is en bring dit aan boord van die Internasio­nale Ruimtestas­ie. Maar hulle vind gou uit dié ontdekking is baie aggressiew­er en intelligen­ter as wat dit lyk en hou dodelike gevaar vir die mensdom in. Ryan Reynolds (foto), Jake Gyllenhaal, Rebecca Ferguson. SONDAG 10 DESEMBER 20:05 2017, 104 MIN, 16GT

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa