Huisgenoot

So lyk Oscar dalk wanneer hy uitkom

Nadat Oscar se tronkstraf drasties verleng is, skets kenners ’n prentjie van hoe hy kan lyk wanneer hy eendag ’n vry man is Deur JANA VAN DER MERWE

-

IN SY gloriedae was hy die lemnaeler, die sportheld wat die wêreld se bewonderin­g afgedwing het met die manier waarop hy sy liggaamlik­e gestremdhe­id oorkom het. Selfs sonder bene was die gewese Paralimpie­se atleet die toonbeeld van fisieke krag en gesondheid. Aantreklik, skatryk en beroemd.

Maar dit was voor Oscar Pistorius sy meisie, Reeva Steenkamp, op Valentynsd­ag in 2013 doodgeskie­t en in Julie 2016 sy tronkstraf vir moord begin uitdien het.

Dit het gekom nadat Oscar reeds in Oktober 2014 deur regter Thokozile Masipa in die hooggeregs­hof in Pretoria aan strafbare manslag skuldig bevind en tot vyf jaar korrektiew­e toesig gevonnis is. Hy het 12 maande uitgedien voor die vonnis omgeskakel is na ’n straf om verder buite die gevangenis uitgedien te kan word.

Toe wend die staat hom tot die appèlhof, wat die uitspraak na moord verander. Masipa het Oscar toe ses jaar vir moord opgelê. Weer het die staat geappellee­r. Dié keer teen die “skokkend” en onvanpas ligte vonnis. Op 24 November is die vonnis van ses jaar tot 13 jaar en vyf maande verleng. Die vonnis wat hy reeds vir strafbare manslag uitgedien het, is toe ingereken om altesaam die minimum vonnis van 15 jaar te weerspieël.

Huisgenoot het in Februarie 2015 onthul dat Oscar se gevangensk­ap (destyds in die Kgosi Mampuru II-tronk in Pretoria) ’n tol van hom eis. Hy het gewig en spiermassa verloor en glo versigtig geëet omdat hy bang was hy word vergiftig.

Nou is sy hoop om al in 2019 vir parool te kwalifisee­r verpletter nadat die appèlhof in Bloemfonte­in sy moordvonni­s verleng het. Dit beteken Oscar sal eers in omstreeks 2024 vir parool in aanmerking kom en eers einde 2029 vrygelaat word indien hy sy volle vonnis uitdien.

Oscar is nou 31 en sal 38 jaar oud wees wanneer hy vir parool in aanmerking kom. Hy sal ongeveer 43 wees as hy eers vrygelaat word nadat hy sy volle vonnis uitgedien het.

Watter spore gaan die swaarder straf op Oscar laat, en hoe sal die ouer atleet lyk wanneer die seldeur eindelik eendag oopswaai en die wêreld hom weer sien?

VOLGENS dr. Llewel lyn Curlewis, senior lektor in strafprose­sreg aan die Universite­it van Pretoria, sal Oscar nou eers in omstreeks 2024 vir parool in aanmerking kan kom.

“Maar parool is ook nie gewaarborg nie,” sê Llewellyn.

“Die paroolaans­oek word outomaties ná die verstrykin­g van die helfte van die termyn van opgelegde tronkstraf aangehoor. Verskeie faktore, insluitend of die gevangene gerehabili­teer is, word in ag geneem.” Llewellyn meen sou Oscar hom as modelgevan­gene gedra, sal dit hoogs onwaarskyn­lik wees dat hy nie parool sal kry voor sy vonnis verstryk nie.

Hoe voel Oscar en die Pistorius-familie oor die vooruitsig van nog jare agter tralies? “Met ons kan dit net op een manier gaan en dit is sleg,” sê sy pa, Henke Pistorius. “Met Oscar gaan dit onder omstandigh­ede so goed soos ’n mens kan verwag.”

Oscar se omstandigh­ede het glo verbeter nadat hy na die Atteridgev­illetronk buite Pretoria verskuif is. Maar ’n tronk is steeds nie ’n vakansieoo­rd nie. Volgens kenners kan die langer tronklewe Oscar opsigtelik verouder en kan hy heelwat anders lyk wanneer hy eendag weer ’n vry man is.

Sy emosionele welstand is een van die faktore wat gaan bepaal hoe hy die jare dra wanneer ons hom eendag weer buite die tronk sien. So sê dr. Deon Weyers, plastiese en rekonstruk­tiewe chirurg van die Life Fourways-hospitaal in Sandton, waar onder meer botoksinsp­uitings gebruik word om pasiënte se sigbare verouderin­g te vertraag.

‘Die tronk is nie ’n plek waar die manne oogroom aansmeer nie’

Hy wys daarop dat gevangenes gedurig verhoogde spanningsv­lakke verduur en tronke hulself dikwels nie verleen tot goeie of selfs basiese instandhou­ding van die liggaam nie. Deon meen wel dit tel in Oscar se guns dat hy ’n groot deel van sy lewe baie fiks was en gesond geëet het. Dis ’n goeie fondament om versnelde verouderin­g teen te werk.

“Die stres van die ervaring (gevangensk­ap) kan sekerlik tot ’n mate van depressie lei. Gedurige onderligge­nde stres kan veroorsaak dat die gehalte van die vel afneem. ’n Mens hoop hy sal nie gewoontes soos rook tydens hierdie stresvolle tyd opneem nie. Dit sal vervroegde verouderin­g en hardnekkig­e plooie veroorsaak.”

As Oscar sleg slaap, kan hy prominente sakke onder sy oë en donker kringe ontwikkel. ’n Mens kan ook ’n effense afsakking van die wenkbroue en los vel op die boonste ooglede verwag.

“Plooie om die oë en veral tussen die wenkbroue sal prominente­r raak. Aan die onderste helfte van die gesig behoort dalk ’n bietjie vetverlies te wees, veral in die wange en onder die wangbene.”

Dit kan plooie om die neus en mond prominente­r maak.

“Ons kan net vertrou die departemen­t van korrektiew­e dienste sal verseker dat die voedingswa­arde van kos voldoen aan die vereiste dosisse vitamiene en ander elemente. Maar daar was dalk aanvulling­s waaraan Oscar gewoond was en wat hy nie meer kry nie. Dit kan ook lei tot vervroegde verouderin­g wat vergrote porieë en velelastis­iteit betref.”

Die skoonheids­g hoeroe Hannon Bothma is daaraan gewoond om stylwenke vir die sterre te gee. Sy ontleding stem baie ooreen met dié van Deon.

“Oscar het gelukkig ’n Mediterree­nse veltipe (wat effens donkerder is en nie so sensitief vir sonlig nie), maar hy sal wel heelwat spierdefin­isie in sy wange verloor. Dit sal holler wange veroorsaak,” voorspel Hannon.

“Die sogenaamde marionetly­ne tussen die neus en mond sal verdiep en die wenkbroue sal sak. Die vel oor die ooglede en die mondhoeke hang ook meer namate ’n mens ouer word.”

Hannon dink ook die lewe agter tralies kan daartoe lei dat Oscar prominente holtes en pofferige sakkies onder sy oë ontwikkel. “Weens min son, stres en ’n swak dieet sal hy bleek word. Die gebrek aan son veroorsaak ook ’n pienk tot rooi skynsel om die ooglede.”

Hannon meen Oscar se reeds hoë haarlyn op sy voorkop sal waarskynli­k verder terugskuif wanneer die voorste hare uitval. “Hy sal ook gryser word.”

OM VINNIGE verouderin­g hok te slaan, sal hy die veggees moet wys wat eens van hom die bekende lemnaeler gemaak het, glo die voorkomsko­nsultant Maureen Grobler van The Beauty Brand in Pretoria. “Die tronk is nie werklik ’n plek waar die manne oogroom aansmeer nie. Dit is ’ n harde, aftakelend­e omgewing. Alles gaan daarvan afhang of Oscar die besluit gaan neem om nie meer om te gee nie,” sê sy.

Maureen meen hoe Oscar gaan verouder, sal afhang van hoe hy sy omstandigh­ede weerstaan en hoe emosioneel sterk hy gaan wees.

“In die gevangenis is dit ’n kwessie van dwelms en bendes. Die mans se vel, veral hul hande, raak soos leer weens die uitmergele­nde omstandigh­ede. Daar is nie luukses in die tronk nie.”

Maar oorlewing en nie hoe jy lyk nie is die grootste prioriteit.

Sy glo as Oscar sy selfrespek behou, kan hy oor sowat sewe of agt jaar – of wanneer die seldeur ook al vir hom oopswaai – nog goed lyk.

“Oscar kan spierdefin­isie behou deur te oefen; hy kan steeds met tye in die son wees, al is dit min.”

Sy sien daagliks in haar werk hoe ’n groot rol persoonlik­e higiëne speel. Sy familie kan hom steun deur die produkte wat hy nodig het en toelaatbaa­r in die tronk is vir hom te neem. Veral vitamiene kan vir hom van groot waarde wees.

“Ek kan met alle sekerheid sê hoe hy eendag gaan lyk, sal beslis van sy selfwaarde afhang. Dit is die besluit wat Oscar sal moet neem,” sê sy.

 ??  ?? Afsakking van die wenkbroue met meer oortollige vel op die boonste ooglede. Donker kringe van die onderste ooglede skep ’n moeër voorkoms. Afname in die volume in die middel van die gesig met ’n meer ingesonke voorkoms in die wange.
Afsakking van die wenkbroue met meer oortollige vel op die boonste ooglede. Donker kringe van die onderste ooglede skep ’n moeër voorkoms. Afname in die volume in die middel van die gesig met ’n meer ingesonke voorkoms in die wange.
 ??  ?? Uitdunning van die hare met ’n haarlyn wat terugskuif. Prominensi­e van die horisontal­e kommerfron­slyne. Prominensi­e van die vertikale fronslyne tussen die wenkbroue en plooie om die oë. Prominensi­e van die voutjies om die mond, tussen die neus en mondhoeke. Verdieping van die mondfrons met kepies by die mondhoeke wat meer opsigtelik kan raak.
Uitdunning van die hare met ’n haarlyn wat terugskuif. Prominensi­e van die horisontal­e kommerfron­slyne. Prominensi­e van die vertikale fronslyne tussen die wenkbroue en plooie om die oë. Prominensi­e van die voutjies om die mond, tussen die neus en mondhoeke. Verdieping van die mondfrons met kepies by die mondhoeke wat meer opsigtelik kan raak.
 ??  ?? 2016 Stres het oor die jare sy tol geëis sedert die Paralimpie­se atleet Oscar Pistorius op 14 Februarie 2013 sy meisie, die model Reeva Steenkamp, doodgeskie­t het.
2016 Stres het oor die jare sy tol geëis sedert die Paralimpie­se atleet Oscar Pistorius op 14 Februarie 2013 sy meisie, die model Reeva Steenkamp, doodgeskie­t het.
 ??  ?? 2013
2013
 ??  ?? 2014
2014
 ??  ?? 2015
2015

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa