Huisgenoot

Meghan en Harry staan kansel toe

’n Blitsroman­se, toe ’n verlowing, en nou wag ’n nuwe wêreld op Harry en Meghan – en die wêreld gons reeds oor die troue

- Saamgestel deur KIRSTIN BUICK

LANK laas was daar so ’ n koninklike koors soos met gerugte oor die verwagte verlowing tussen ’n Britse prins en ’n TV-ster. En nadat Clarence House, prins Charles se ampswoning, aangekondi­g het prins Harry en die aktrise Meghan Markle is inderdaad nou verloof, word die koors opnuut aangevuur deur bespiegeli­ng oor die datum, rok, onthaal . . . en wanneer kom die babas?

Hul warrelwind­romanse klink soos iets uit ’n feëverhaal, behalwe dat die heldin nie iemand nodig het om haar op sy wit perd te kom red nie. Meghan is ’n ster in eie reg – met ’n prins wat halsoorkop verlief is op haar. “Alles het net perfek uitgewerk,” het Harry in hul eerste gesamentli­ke onderhoud gesê. “Sy was die beeldskone vrou wat by my lewe ingeval het – en ek in hare.”

Die aktrise (36) en haar prins (33) is duidelik bestem vir ’n sprokiesro­manse; Meghan is die soort vrou saam met wie enigeen die toekoms kan aandurf.

SY IS STERK

Samantha Brett en Steph Adams, samestelle­rs van The Game Changers: Success Secrets from 40 Women at the Top, het Meghan genooi om ’n essay te lewer vir hul boek. Daarin skryf sy sy was aangetrokk­e tot Rachel Zane, haar karakter in die TV-reeks Suits, omdat sy so intelligen­t en gedrewe is. “Ons weet albei wat ons wil hê,” het sy geskryf. Dié voormalige leefstylbl­ogger sal bes slis nie suutjies in Harry se skadu loop n nie; nie dat hy dit sal wil hê nie. In hul e eerste onderhoud saam het Meghan juis gesê: “Dit is ’n nuwe hoofstuk. D Dis nou tyd om as ’ ’n span saam met j jou te werk.”

SY HET DEERNIS

Koninklike­s K moet ure u se liefdadigh­eidswerk h verrig, maar m vir Meghan sal sa dit niks nuuts wees nie. Sy het al as 13-jarige hand bygesit in sopkombuis­e in Los Angeles (waar sy grootgewor­d het), is in 2016 Rwanda toe om vlugteling­kampe te besoek en is die ambassadeu­r van die Kanadese projek World Vision Clean Water.

In die essay skryf sy dit was maar rof om so jonk-jonk in ’n sopkombuis te wees, maar een vrou se raad sal sy nooit vergeet het nie. “Sy het vir my gesê: ‘Stel hul behoeftes bo jou vrese.’ ”

Meghan is ook ’n woordvoerd­er vir ’n drukgroep van die Verenigde Nasies (VN) oor die bemagtigin­g van vroue. Sy het selfs al ’n toespraak gehou voor Ban Kimoon, gewese VN-sekretaris-generaal.

As deel van haar amptelike pligte eendag sal sy dalk vroueregte kies as die saak wat sy wil bevorder. Toe sy 11 was, het sy ’n brief geskryf aan die destydse presidents­vrou, Hillary Clinton, om te kla oor ’n seepvervaa­rdiger se advertensi­e wat impliseer vroue hoort in die kombuis. Hulle moes dit verander.

SY IS OOK LIEF VIR HONDE

Meghan het twee honde – Guy, ’n beagle, en Bogart, ’n labrador-skaaphond. “Een bly nou by hegte vriende en die ander een is, ja, hy is al ’n rukkie lank in die Verenigde Koninkryk,” het Meghan laat val.

Harry het ook verklap dat koningin Elizabeth se geliefde corgi’s gaande is oor Meghan. “Daar word al 33 jaar lank vir my geblaf, maar dié een (Meghan) stap in en dis net sterte wat swaai.”

SY KEN EGSKEIDING

Meghan en Harry het albei as kind die pyn van egskeiding beleef en sal wil sorg g dat hulle nooit dié pad stap nie. Meghan se ma, die joga-instruktri­se en psigoterap­eut Doria Ragland, en pa, Thomas Markle, ’n beligtings­man in die filmbedryf, is in 1988 geskei toe sy net ses was.

Harry se ouers, Charles en Diana, se stormagtig­e huwelik is in 1996 beëindig toe hy 11 jaar oud was.

Meghan se eerste huwelik het ook in die skeihof geëindig toe sy en die rolprentve­rvaardiger Trevor Engelson in 2013 uitmekaar is.

 ??  ?? Prins Harry en Meghan Markle is gereed om ewige trou aan mekaar te beloof, en die wêreld wonder wanneer.
Prins Harry en Meghan Markle is gereed om ewige trou aan mekaar te beloof, en die wêreld wonder wanneer.
 ??  ?? BO: Meghan besoek vlugteling­kampe in Rwanda. REGS: Haar geliefde Guy (links) en Bogart verhuis saam met hul nooi na die Britse hoofstad.
BO: Meghan besoek vlugteling­kampe in Rwanda. REGS: Haar geliefde Guy (links) en Bogart verhuis saam met hul nooi na die Britse hoofstad.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa