Huisgenoot

Proffie help skole water bespaar

’n Professor en sy span se meters wat waterverbr­uik monitor, help Wes-Kaapse skole miljoene liters bespaar

- Deur MARELIZE POTGIETER

IN LANG toue wag wagmense mense om omhul hul waterhouer­s vol te maak. Polisieman­ne en soldate staan reg om die orde te herstel as mense se geduld moontlik sou opraak . . .

Dit klink dalk soos ’n toneel uit ’n rampfliek, maar volgens burgemeest­er Patricia de Lille kan dit Kaapstad se voorland wees. Sy het selfs ’n datum verbind aan Dag Zero, oftewel die dag dat die Moederstad se krane kan opdroog: 13 Mei 2018. Die stad sal dalk dan die meeste krane moet toedraai; inwoners sal daagliks by 200 punte moet toustaan vir 25 L water elk.

Dié dag kan volgens Patricia moontlik vermy word as mense hier voortaan hul daaglikse waterverbr­uik tot hoogstens 87 L per kop per dag beperk en g’n druppel in die stad vermors word nie, berig Netwerk24. Dit is waar mense soos prof. Thinus Booysen (39) ter sprake kom. Dié elektriese en elektronie­se ingenieur en sy span maak reeds ’n reuseversk­il deur skole watervermo­rsing te help keer.

Thinus, wat ingenieurs­wese aan die Universite­it Stellenbos­ch (US) doseer, is die brein agter die watermeter­toestel Dropula, wat sedert Mei by 28 skole in die Wes-Kaap geïnstalle­er is. Danksy die toestel is sowat 6 miljoen liter water sedertdien bespaar, vertel hy. En wanneer dit oor die volgende paar maande in sowat 300 skole geïnstalle­er word, sal die daaglikse besparing na verwagting 3 miljoen liter water beloop.

“Dit gaan eintlik oor bewustheid,” sê Thinus, wat saam met nog agt innoveerde­rs die US-sake-eenheid Bridge to the Internet of Things (Bridgiot) bedryf. Sy passie vir waterbespa­ring spruit uit sy beheptheid met doeltreffe­ndheid. “Dit maak my vrou mal, maar ek hou nie daarvan wanneer vermors word nie.”

Thinus is getroud met prof. Ronelle Burger, ’n US-professor in ekonomie. Hulle het twee dogters, Hannah (8) en Kara (4). “Een van hulle het nou die dag gevra hoekom ons heeltyd oor water moet praat.”

Maar dis danksy ’n gesprek met Thinus einde Mei op die radiostasi­e Cape Talk dat ondernemin­gs en die Wes-Kaapse onderwysde­partement die installeri­ng van die Dropula by skole moontlik maak. Die departemen­t gee 40% van die geld vir installeri­ng en bedryfskos­te as befondsers 60% gee. Bridgiot het meters vir huise en klein besighede beskikbaar, maar is tans oorweldig deur die skoleproje­k.

Die Dropula is ’n boksie sagteware wat met ’n koperdraad aan ’n munisipale watermeter gekoppel word. Die sagteware stuur voortduren­d met selfoonteg­nologie lesings na ’n bediener. Die Bridgiot-span monitor dit voltyds, en as hulle ongewoon hoë verbruik waarneem, SMS of e-pos hulle die skool dadelik.

“In die Julievakan­sie het ’n pyp byvoorbeel­d by die Laerskool Stellenbos­ch gebars en omtrent 250 L water per minuut uitgestoot. Niemand sou geweet het nie; dit was vakansie. Ons kon iemand stuur om te kyk wat aangaan. So is omtrent R50 000 se vermorsing gekeer,” sê Thinus.

Die Dropula-stelsel kos R30 000 per skool per jaar. Daarvan is R10 000 vir die meter, monitering en bewusmakin­g. Ná sowat twee weke van waterverbr­uikontledi­ng word loodgieter­s gestuur om byvoorbeel­d lekkende pype te herstel. Daarvoor word R20 000 begroot. “Met hierdie herstelwer­k word 60% van die besparings behaal,” sê Thinus.

Bridgiot stel ook ’n praktiese plan voor, soos dat sekere krane vir sekere tye van die dag toegedraai word of dat urinale net tydens pouse gespoel kan word.

“Ons is nou by 28 skole. As elkeen van hulle 500 leerders het, sit ons met 14 000 leerders wat oor 10 jaar baie meer bewus gaan wees van waterverbr­uik,” sê Thinus. “Jy plant die saadjie, en daai kinders bespaar by die huis water.”

 ??  ?? LINKS: Prof. Thinus Booysen is aan die stuur van die span wat die Dropulamet­er (HEEL LINKS) ontwerp het om waterverbr­uik te meet en help verminder.
LINKS: Prof. Thinus Booysen is aan die stuur van die span wat die Dropulamet­er (HEEL LINKS) ontwerp het om waterverbr­uik te meet en help verminder.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa