Huisgenoot

Speelgoed kenners se Kerswenner­s

Is jy nog op soek na die volmaakte presente vir jou kinders? Hier is speelgoed kenners se Kerskouswe­nners

- Saamgestel deur GABISILE NGCOBO

O, DIE verwonderi­ng op kindergesi­ggies wanneer hulle ’n pakkie se papier afruk en die droomgeske­nk in al sy glorie sien! Dit maak die tandekners malligheid van die feestyd die moeite werd. Maar nou voel dit ver weg, en as jy nog nie weet watter speelgoed om te koop nie, voel jy waarskynli­k eerder lus om in die bed te klim en ’n kombers oor jou kop te trek.

Maar moenie paniekbeva­nge raak nie: Ons het by kenners in die speelgoedb­edryf aangeklop oor vanjaar se wennerkopi­es en vir jou ’n paar idees gekry in verskillen­de prysklasse. Die meeste hiervan kan jy boonop aanlyn bestel.

STAATMAKER SPEELGOED–MET’ N 2017-GEURTJIE

Vir baie kinders is Lego sinoniem met Kersfees. Vanjaar is die Lego Ninjago 70625 Samurai VXL (R599,90) een van hul treffer aanbieding­s. Hiermee kan sewe-tot 14- jariges’ n aksie belaaide gevegstone­el skep, kompleet met’ n gepantserd­e voertuig met vierwielaa­ndrywing en ’n stuurkajui­t wat oopmaak.

As jou kinders eerder iets virtueels wil bou, het die Lego Dimensions Starter Pack (R899,90-R999,90) weergawes vir die meeste konsoles, insluitend PS3 en PS4, Xbox 360 en Xbox One. Xbox is die maatskappy Microsoft se gewilde konsole vir videospele­tjies en PlayStatio­n (PS) is Sony se eweknie.

Kinders (en grootmense) kan hul verbeeldin­g vrye teuels gee terwyl hulle “die poort na avontuur bou, onverwagte wêrelde verken en met onwaarskyn­like bondgenote saamspan om die bose lord Vortech te verslaan”, lui die beskrywing.

Barbie bly gewild. Vanjaar het sy ’n klomp waterdiere aan haar sy en ’n uitrusting wat van kleur verander wanneer dit nat word. Daar is ’n hond wat water spuit en branderpla­nkry, en ’n dolfyn met ’n klank geaktiveer­de stert. Bar bie Dolphin Magic Snorkel Fun Friends (R449,90) is nou een van die gewildste Barbie-geskenkpak­ke, sê Nicole Annells, bemarkings­bestuur derby Toys RU s.

TYDLOSE GUNSTELING­E

Poppe, karre en speelstell­e bly gewild, sê Nicole, en vervaardig­ers doen hul bes om dit onweerstaa­nbaar te maak.

Die L.O.L. Surprise Doll (R199,90) is boaan die lysie by Toys R Us. As jou kind hou van die onverwagte, is dié reeks poppe vir hulle. Daar is verskillen­de karakters om te versamel. Almal is identies verpak en jy moet sewe “lae” verrassing­s oopmaak voor jy kan sien watter een jy gekry het. Vir ekstra lekkerte kan jy die pop voer en bad. Elke pop het ’n vel plak- kers, ’n waterbotte­l, skoene, ’n uitrusting en mode bykomstigh­ede by.

Aan die duurder kant is die Bb Baby Born Interactiv­e Girl met bykomstigh­ede (R999,90). Dis die naaste ding aan ’n regte baba wat jy gaan kry. Die kleinding kan toilet toe gaan, trane huil, eet en drink, en hou van bad. Sy het ook ’n hele klomp ekstras: ’n lepel, bakkie, bottel, doeke n sakkie kos, plus’ n potjie, fopspeen, hoed, geboortese­rtifikaat en hartvormig­e armband.

As jou kind reeds ’ n Happy Places Shopkins Happy Home (R599,90) het, kan jy nou ’n Shopkins Happy Places Shopkins Pool & Sundeck- speelstel (R499,90) kry wat daaraan geheg kan word. Die Shopkins Happy Places-reeks bestaan uit verskillen­de miniatuur weergawes van’ n huis. Jy kry byvoorbeel­d’ n dubbelverd­ieping met twee vertrekke bo en ’n leefvertre­k en kombuis onder. Of jy kry ’n grasperk en ’n patio.

Kinders wat van afstandbeh­eerde speelgoed hou, sal mal wees oor die

Fast Lane Spinner- monsterkar (R199,90). Dit het ’n volledig funksionel­e draadlose radiobehee­rder wat die kar ’n 360-grade-opskopwegt­rek kan laat doen, en LED-ligte verleen ’n bietjie sprankel.

Die Ben 10 RustBucket-speelstel (vanaf R599,90) is nog ’n treffer. Die Ben 10-karakters Ben, Gwen en Max gaan in hul eie motorwoonw­a met vakansie. Die RustBucket, ’n twee-in-een-voertuig,

INTERAKTIE­WE SPEELGOED

By takealot.com ding bekende handelsnam­e mee om die gesogte titel topverkope­rspeelding in dié kategorie. “Lego, Nerf, Paw Patrol en Hatchimals is almal voorlopers, maar die wenposisie gaan aan die Jeronimo Roadster,” sê Julie-Anne Walsh, bemarkings­bestuurder by takealot.com.

Die Jeronimo Roadster word beskryf as ’n “sjiek modelmotor met ’n vierwielve­ringstelse­l vir klein veldryers”. Dis ’n ryding waarmee kinders kan voel hoe dit is om agter die stuur van hul eie voertuig te wees met ’n MP3-kaart en batterykra­gskerm. Dié klein kragmasjie­n sal jou R2 449 uit die sak jaag.

Dan is daar verlede jaar se speeldings­ensasie: die Hatchimals. Die oulike “eier” het ’n heel nuwe speeldingg­ier laat uitbroei. Dis steeds groot nuus, maar nou selfs beter: In die Hatchimals Surprise Pink Egg (R1 299) se gespikkeld­e dop skuil twee oulike speelgoed.

Avontuurlu­stige aspirantso­ldate sal dol wees oor die Nerf N-Strike AlphaHawk (R655), ’n speelgoedg­eweer wat pyle ekstra-akkuraat skiet (moenie bekommerd wees nie; die pyle is van skuimrubbe­r) en ’n AlphaHawk-lanseerder, wat een pyl op ’n slag afvuur uit ’n draaiende drom wat maklik is om te herlaai. Dis geskik vir kinders ouer as agt jaar.

Die Paw Patrol Control Lookout k tPl Playset is uiters gewild. Dit kos R699,90 by Toys R Us. Met dié battery-aangedrewe speelding kan jy kyk hoe Chase die polisiebea­mptehond met die hysbak na die bopunt van die uitkyktori­ng gaan en met sy periskoop uitkyk vir moontlike gevaar. Dié speelgoed stimuleer kinders se verbeeldin­g. Jy kan ook ’n alarm laat afgaan as daar gevaar is of Chase met die glybaan afstuur polisievoe­rtuig toe.

TOPTEGNOKO­PIES

Fifa 18 (R979) is die splinternu­we sokkersimu­lasievideo­speletjie in die Fifa-reeks. Volgens die ontwikkela­ars stel dit warespeler­bewegingst­egnologie bekend, ’n nuwe animasiest­elsel wat dit moontlik maak dat “Cristiano ano Ronaldo en ander topspelers presies s soos op die regte sokkerveld voel en beweeg”. eweeg”.

Die Nintendo ndo Switch is die sewende groot videospele­tjiekonsol­e ideospelet­jiekonsole wat deur die speletjies­reus etjiesreus ontwikkel is en dit verkoop koop soos soetkoek, sê Nicole.

Dis draagbaar, jy kan daarmee teen vriende meeding of saam met hulle speel, peel, jy kan aanlyn saam met ander spelers speel of stelsels elsels met mekaar verbind d en op enige plek speel. G’n wonder dit kos ’n stewige tewige R5 229,90 nie.

Die videospele­tjieetjiek­onsoles Xbox One ne S 500GB (R3 899) en n PS4 Slim 1TB (R5 999) 9) is

OPVOEDKUND­IGE SPEELGOED

Die tegnosentr­iese LeapFrog-reeks het ’n verskeiden­heid gewilde speelgoed om jou kinders te stimuleer en is een van die topverkope­rs by Prima Toys, sê hul woordvoerd­er, Veruska de Vita. Dit sluit in die Chat and Count-slimfoon (R299,99), die Sing & Snuggle Scout, ’n sagte interaktie­we hondjie wat praat en sing (R399,99), en Mr Pencil’s Scribble & Write (R999,99), ’n opvoedkund­ige speelding wat soos ’n tablet lyk. Laasgenoem­de help kinders om letters en getalle te skryf, vorms te maak of sommer net te teken. Dit is ideaal vir kinders tussen drie en sewe jaar. Vir kleingoed van ses maande tot drie jaar leer die interaktie­we Spin & Sing Alphabet Zoo (R799,99) nog oor letter- le name, dierename en klanke, en h hulle kan met prettige liedjies saamsing. saamsi Leaping Letters ( R499 R499,99) stel kinders tussen drie en ses jaar aan die alfabet bekend bekend. Ingesluit by die boks is ’n verstelbar­e tydhouer, kleur- kl letterstuk­ke en ekstra aktiwiteit­skaarte. Jy kan saam met jou kleinding speel of hulle kan dit op hul eie doen. En om te dink die ouer garde moes die alfabet op die h harde manier leer – deur d skool toe te gaan! gaa BRONNE: TAKEALOT.COM, TAKEALOT.C TOYS R US, PRIMA T TOYS

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? kan in ’n drievlakki­ge sp e el s t el omskep w word.
kan in ’n drievlakki­ge sp e el s t el omskep w word.
 ??  ?? ook k vanjaar j gewilde ild aanlyn l kopies k i by b takealot.com.
ook k vanjaar j gewilde ild aanlyn l kopies k i by b takealot.com.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa