Huisgenoot

’n Lewe langs vervalle treinstasi­es

In die tweede deel van ons treinreis deur die land sien ons vervalle stasies en gesels met spoorwegwe­rkers en ander interessan­te karakters ‘Daar het 92 treine per dag deur De Aar gery en in spitstye nog meer’

- Deur PIETER VAN ZYL Foto’s: MARTIN DE KOCK EKSTRA BRON: STEAM-LOCOMOTIVE­S-SOUTH-AFRICA. BLOGSPOT.CO.ZA

TOE ons gisteraand op Christiana se stasie afklim en ek sien die onkruid wat hoog op die perron staan, was my gemoed so donker soos die vervalle stasiegebo­u. Ons was moeg en honger, en die enigste teken van lewe was ’n veiligheid­swag wat ons met ’n flits en ’n kruiwa vir die bagasie ontvang het.

Maar alles lyk beter in die daglig, selfs die Christiana All Seasons Resort, waar ons geslaap het. Ek stap buitentoe en herken so ’n ietsie van die Rob Ferreirava­kansieoord waar ek as seuntjie ure lank in die warm swembad gedobber het.

Ons klim eers weer vanaand net voor sewe op die trein wanneer ons die tog na die suide verder aandurf, want vandag wil ons die dorp verken. Die selfskepon­tbyt is lekker, maar ek mis die tikketak van die Shosholoza Meyl onder my.

Dis elfuur en reeds 28 °C. Ons het steeds nie vervoer om ons die 4 km van die oord na Christiana te neem nie. Dan daag ons redder op: die oord se veldwagter, Hughton Jacobs (30). Ons ry die dorpie binne en jy ruik net braaivleis. Die strate is vol gate, maar Hughton se veldvoertu­ig het uitstekend­e vering. Hy ry met ons na die brug oor die Vaalrivier.

“Wanneer jy hier kom kuier, kuier jy eintlik in drie provinsies.” Hy verduideli­k die dorp sit naby die grens van die Vrystaat, Noordwes en Noord-Kaap.

Hughton laai ons af by die Wedvlug Duiweklub, beter bekend as Die Duif, soos die naam aandui ’n potensieel woelige plek. Ja, sê Annatjie Nel (33), op haar pos agter die kroeg, dis ’n gewilde plek dié. Sy praat eenstryk. Toe sy hoor ons kom van die trein af, het sy ’n treinstori­e byderhand oor haar broer, Wynand Nel, wat ’n CD onder die naam Jay Colby opgeneem het en Vensters van ’ n Trein daarop sing.

Dan kom sy by wedvlugdui­we, en dit blyk ons het die hoogtepunt met drie weke misgeloop toe die winter se duiwe-

seisoen drie vragmotor klubs afgesluit hier 300 gemandjie km is. ver “Ons gevat het tot en duiwe hulle losgelaat op van ’n is. Mense wen baie geld. ’n Predikant het al R80 000 met sy duif gewen,” vertel sy.

Nou gaan draai sy by diamante. Sy sê dis diamant wêreld vas gesuig ”. dié; hier’ wat al in hul eie tuine van die blink klippies uitgegrawe het.

“Gaan kyk ’n bietjie op die rivier daar waar die groen boei dryf,” sê Annatjie. Dit dui die posisie van die delwersklo­k aan. “Die geraamtes is nog daar onder,” sê sy.

Die delwersklo­k, wat op sy dag een van die grootstes ter wêreld was, is ’n toestel waarmee die delwers onderwater laat sak is om op die rivierbode­m diamante te delf. Dit het eendag gesink en ’n klomp delwers het verdrink. Daar is al probeer om dit boontoe te bring omdat daar glo nog diamante in sy maag is, maar dit was onsuksesvo­l weens die baie modder. Of, soos Annatjie dit stel, “dis aan die bodem s glad mense

VOOR Lilly’s Pub & Grill staan die wrak van ’n renmotor. “My skoonseun het daai kar in 2001 van die renbaan hier buite die dorp tot hier gery en dit toe net hier gelos,” vertel die eienaar, Lilly Hanekom (66). “Almal op die dorp noem my Ouma,” voeg Lilly by. “Ek is al ’n meubelstuk op

die di dorp. d Elk Elke suksesvoll­e k ll plek l ki is onder d my hande deur.” Op ’n bordjie agter haar staan geskryf: “Onbewaakte kinders in die kroeg sal as slawe verkoop word.”

Toe dit begin skemer raak, laai Hughton ons op om ons bagasie te gaan haal. Ek kry ’n SMS van Shosholoza dat ene Bossie die trein se sake bestuur en dat ek hom kan bel om te hoor hoe laat die trein kom. Dit gebeur toe eers skuins ná nege, nie skuins voor sewe soos belowe nie.

Pootuit kry ons ons komparteme­nt. Dis net ek en die fotograaf, en ons kan kies of ons bo of onder wil slaap. Die ander passasiers se deure is al toe.

Die veiligheid­shoof op die trein, Aoulus Giliana (42), klop aan die deur met die nuus dat ek my beursie op Christiana se stasie laat val het. Die wag, Patrick Dire (40), wat die vorige aand ons bagasie met sy kruiwa aangery het, sal sorg ek kry dit op De Aar. Dis juis ons volgende stilhouple­k, waar ons teen 01:18 gaan afklim. Wel, dis die plan . . .

Vir R60 kan jy beddegoed huur vir die nag, maar ek slaap die uur of twee sommer in my eie kombers toegewikke­l.

Dis drukkend warm elke keer dat die trein tr stilhou tussen tu niks en nêrens n en so op o ’n syspoor wag w dat ’n trein tr van voor af verbykom. Maar M wanneer ons on weer aan die di gang kom, spoel sp die heerlike lik nagluggie die di komparteme­nt m binne.

Ons het op De DA Aar slaapplek l l kb bespreek k by Pottiesgas­tehuis, en die eienaar het gesê sy sal ons kom oplaai. Dis in die middel van die nag toe Dia Olivier (37) haar gaste kom haal.

My selfoon wys 03:46 toe ek by die gastehuis in die bed klim. Ek hoor die Shosholoza se fluit toe hy wegtrek.

EENS was die De Aar-stasie die raserige hartklop van ’n groot ekonomie. In die middel 1960’s was dit die naasgroots­te stasie in Suid-Afrika, met 110 km spoorlyn in die dorpsdistr­ik, skryf die stoomtrein­geesdrifti­ge Piet Conradie in sy stoomtrein­blog.

“Daar het 92 treine per dag deur De Aar gery en in spitstye nog meer. Dit was hier dat die spoorlyne van die Oos- en Wes-Kaap, die noordelike provinsies en Zimbabwe en Namibië bymekaar uitgekom het,” skryf hy.

Daardie dae is verby. Die meeste van die spore waar goederetre­ine dag en nag gery het, is toegegroei. Die kantoorgeb­ou is leeg en stukkend. Van die reusewater­tenks waaruit die lokomotiew­e gevoed is, is net staalgeraa­mtes oor. Die stasiehote­l van Koos Kombuis se befaamde Bar op De Aar is toe.

Ons ontmoet drie oudspoorwe­gmanne wat deel was van die ou dae: Pieter Wolvaardt (84) was ’n bedryfsins­pekteur, Faan Lombard ( 80) ’n masjinis van stoom-, elektriese en dieseltrei­ne, en Flossie Kotze (78) het vir die tegniese dienste gewerk.

“Hier was heeltyd verkeer,” vertel oom Pieter. Vier lang ertstreine het van Sishen in die Noord-Kaap af hier verbygeloo­p hawens toe. Die steenkoolt­reine het hier aangekom van die Spoorweë se 20 steenkoolg­roewe in Mpumalanga.

Oom Flossie vertel van die “gonsdonkie­s”, die stoomlokom­otiewe, en sy oë blink. “Ons het hard gewerk; 12 uur aanmekaar. Dit was warm werk, veral as jy onder die fire box moet deurklim om die wiele te smeer.”

Die fire box is die plek waarin vuur gemaak is om die water te laat kook, en die ysterwiele is met olie gesmeer.

“Ons het 500 pond in die maand gekry. Dit was daardie jare baie geld,” sê hy.

Vandag is die pensioentr­ekkers in ’n hofsaak gewikkel met Transnet, wat hulle net ’n 2%-verhoging per jaar gee.

Hulle het almal al in die 1990’s afgetree, maar het steeds vrypas om te ry waarheen hulle wil.

“Maar wat help die vrypas as daar nie treine is nie?” vra oom Faan. S B Lees volgende week die derde aflewering van Huisgenoot se treinreis deur die land om te hoor waarom ons joernalis die nag op ’n houtbankie op die De Aar-stasie geslaap het. En wat toe van sy beursie geword het.

 ??  ?? HOOFFOTO: Die oud-Transnetwe­rkers Flossie Kotze (links), van tegniese dienste, Faan Lombard (middel), ’n treindrywe­r, en Pieter Wolvaardt, ’n bedryfsins­pekteur, staan voor ’n stoomlokom­otief op De Aar. LINKS BO: Die fotograaf Martin de Kock (links) en...
HOOFFOTO: Die oud-Transnetwe­rkers Flossie Kotze (links), van tegniese dienste, Faan Lombard (middel), ’n treindrywe­r, en Pieter Wolvaardt, ’n bedryfsins­pekteur, staan voor ’n stoomlokom­otief op De Aar. LINKS BO: Die fotograaf Martin de Kock (links) en...
 ??  ?? BO: Die brug oor die Vaalrivier by Christiana. ONDER: “Ouma” Lilly Hanekom voor haar gewilde restaurant en kroeg op Christiana, Lilly’s Pub & Grill.
BO: Die brug oor die Vaalrivier by Christiana. ONDER: “Ouma” Lilly Hanekom voor haar gewilde restaurant en kroeg op Christiana, Lilly’s Pub & Grill.
 ??  ?? LINKS: Die 64-jarige Johannes Wieneke, 39 jaar lank ’n treindrywe­r, is nou kroegman by die ou Spoorwegkl­ub op De Aar. “Dis makliker om drywer te wees,” sê hy. “Jy kyk net vorentoe. Hier moet jou oë oral wees.” REGS: Annatjie Nel beman die kroeg van die...
LINKS: Die 64-jarige Johannes Wieneke, 39 jaar lank ’n treindrywe­r, is nou kroegman by die ou Spoorwegkl­ub op De Aar. “Dis makliker om drywer te wees,” sê hy. “Jy kyk net vorentoe. Hier moet jou oë oral wees.” REGS: Annatjie Nel beman die kroeg van die...
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa