Huisgenoot

Radio Raps-man trou tussen proteas

Nadat hy siekte oorwin het, het Rikus en sy Kaylee op ’n proteaplaa­s afgehaak – en wie’t gedink die Radio Raps-man kan hom so optof?

- Deur MARIZKA COETZER DIE BRUIDSPAAR BEDANK: DIAAN DANIELS (KAYLEE SE TROUROK; RIKUS SE PAK EN SKOENE) 0114657121; ZELMARI DE PREEZ VAN PREEZ FASHION (RIKUS EN KAYLEE SE MA'S SE ROKKE); ERIKA CRONJE VAN V'DODILI (RIKUS SE RING; KAYLEE SE OORBELLE) VDODI

DIS laat November, maar die Saterdag is ysig en die reën bly drup op die sinkdak. Voor die preekstoel van die kapel hier op die Har- - monie-proteaplaa­s s buite Cullinan, ’n n dorp naby Pretoria, staan die grap- - jas Jonathan van Radio Raps-faam.

Weg is die kenmerkend­e skewe, , onderstebo pet, kortbroek en plakkies waarin Rikus de Beer gehore laat skater; vandag lyk hy uitgevat t in ’n donkerblou pak van wol en kasjmier, spesiaal vir hom gemaak deur die ontwerper Diaan Daniels.

Sowaar, vandag maak Rikus (32) nie as sy gewilde alter ego grappies nie. Hy is net homself; dit is immers sy troudag.

Die slegte weer op sy groot dag pla hom min. Nadat hy vroeër vanjaar by die dood omgedraai het, is hy y net dankbaar vir die kans om hier te staan.

Die sanger Appel trek voor in die kapel los met sy liedjie Vroumens, en soos een man draai die sowat 160 gaste agtertoe om die bruid te sien instap. Kaylee van den Berg (23) verskyn in ’n lieflike ligpienk rok met ’n delikate kantbostuk en sagte uitkloksji­ffonromp, ook ’n skepping van Diaan. In haar hande hou sy ’n eenvoudige ruiker met ’n koningprot­ea, want hoe dan anders as ’n mens op ’n proteaplaa­s trou?

Rikus kry trane in sy oë toe hy sy bruid sien. “Hy het heeltyd trane in sy oë gehad, vandat sy by die deur ingestap het tot hul eerste soen,” vertel ’n vriend, die konsultant, lewensafri­gter en skrywer Gielie Hoffmann, later.

Dis ook Gielie wat dié diens lei. “Sal julle bereid wees om mekaar vandag en ook elke dag hierna ’n kans te gee?” vra hy sy twee vriende. Met oorgawe sê die grapjas en sy bruid ja, en dan volg ’n geesdrifti­ge soen. Die twee is vroeër die dag wettig getroud toe dr. André Ungerer hulle in die d kapel in die huwelik bevestig het. Ná die seremonie skuif die gaste na n die onthaalsaa­l, wat met feetjielig­gies li versier is. Op die tafels is ruikers k met Harmonie se proteas en kerse k wat in roosgoue kandelare brand. b Die toesprake sorg vir trane van blydskap b – en natuurlik ook ’n groot gelag. g Wat anders kan ’n mens verwag w wanneer ’n grapmaker van formaat m die strop om die nek kry? Die gaste ga rol van die lag toe Rikus sy toespraak sp omskep in ’n lang lied vir sy bruid br en hul gaste: “Jy is wat ek nodig het he / ek’t lank na jou gesoek / al wat ek kort, ko is jy, my lief / is jy en wortelkoek! ” Toe kan almal weglê aan ’n feesmaal wat begin met kaas, kouevleis, biltong en vrugtehapp­ies. Die hoofgereg is lam en hoender aan die spit gebraai en voorgesit saam met knoffelaar­tappels, geroosterd­e groente en pampoenpof­fers met kaneel en karamelsou­s. Dan volg minitertji­es.

Die bruidspaar open die dansbaan op die maat van Jan Blohm se emosiebela­aide liedjie In Wens. Hul eerste afspraak was juis destyds ná ’n Jan Blohm-konsert. Toe Ray Dylan se liedjie Vir Ewig Jonk oor die luidspreke­rs lostrek, gryp die strooijonk­ers elkeen ’n dansmaat en die dansery hou sommer tot ounag aan.

VIER dae voor die troue vertel die komediant, wat niks daarvan dink om ’n gehoor van duisende mense manalleen te vermaak nie, hierdie trouery is ’n ander storie. Ons eet middagete in ’n restaurant net om die draai vanaf Rikus se drankwinke­l, The Good Oaks. “Ek is buite my gemaksone. Dit is die eerste keer in my lewe dat ek so op my senuwees is. Ek het al voor 5 000 mense opgetree, en dit was niks. Maar nou is ek op my kwesbaarst­e.”

Dan vertel Rikus van die Saterdagaa­nd in Julie verlede jaar toe hy sy aanstaande in ’n kuierplek in Centurion ontmoet het. “Toe sy die eerste keer vir my lag en so lékker lag, het ek geweet sy is die een. Wanneer sy by my is, is alles fine,” sê hy.

En hoekom is hy vir Kaylee die man van haar drome? Dadelik skerts Rikus: “Hoeveel papier het julle?” Kaylee lag en sê Rikus is haar beste maat. “Al wil ek hom soms vermoor, is hy net my mens.”

Sy erken sy was die laaste twee weke voor die troue vreeslik emosioneel. “Dit is oorweldige­nd. Van kleins af droom ’n vrou van haar troudag. Toe ek en my ma die eerste keer op die Harmonie-proteaplaa­s aankom, het ons sommer in trane uitgebars.”

Rikus knik. “Kyk, die troudag is ’n viering van ’n besluit en commitment wat reeds gemaak is,” sê hy. “Dis soos om jou hele lewe lank vir die Bokspan te oefen en eindelik jou eerste toets te speel.”

TWEE keer die afgelope jaar het Kaylee gedink die troue waarna hulle albei so uitgesien het, gaan nie gebeur nie. Rikus is in Mei weens ’n probleem met sy galblaas in die hospitaal opgeneem, maar het ál sieker geword. Hy was eindelik langer as vyf weke in die hospitaal met hart-, lewer- en nierversak­ing. Daar was tye dat hy gedink het hy sou dit nie maak nie, erken hy. “Hy het vir my gesê hy is bang,” vertel Kaylee. Om hom moed te gee, het sy hom in die hoësorgeen­heid herinner hulle moet nog trou en kinders hê. Onder morfienver­dowing skree hy toe: ‘Ja, 20!’ ” Langs Rikus se bed het sy onderneem om saam met hom gesonder te leef. Kort nadat hy uit die hospitaal ontslaan is, het die twee ’n dieetkundi­ge besoek. Net deur haar porsies kleiner te maak en haar eetplan aan te pas het Kaylee sedertdien 11 kg afgeskud. Rikus het al voor sy siekte 16 kg verloor en bou nou spiere in die gim.

Die pasgetroud­es se wittebrood­splanne is voorlopig op ys. “Ons weet nog nie waar of wanneer ons wittebrood sal hou nie, maar dit sal eers moet wag,” sê Rikus. Hulle sal hul eerste Kersfees as ’n egpaar saam met familie deurbring en vir ’n paar dae na iewers plaasliks wegbreek.

Rikus is juis nog druk besig met Radio Raps-vertonings en werk ook aan die verfilming van ’n splinternu­we TVprogram, Die Radio Raps- program. Daarin sal kykers kan sien hoe Jonathan snaakse onderhoude met kinders en kunstenaar­s voer en self ook optree.

Kaylee sê sy moet soms met haar geliefde raas om dinge rustiger te vat, maar sy weet nou al: Wanneer iets hom inspireer, is daar geen keer aan haar Rikus nie. Gelukkig sal sy nou altyd daar wees om hom deur alles by te staan.

Die Radio Raps-program sal van 12 Januarie af op Vrydae om 20:00 te sien wees op VIA (DStv-kanaal 147).

 ??  ?? Dit was ’n reënerige somerdag toe die komediant en akteur Rikus de Beer (oftewel Jonathan van Radio Raps) op ’n proteaplaa­s ewige troue aan Kaylee van den Berg beloof.
Dit was ’n reënerige somerdag toe die komediant en akteur Rikus de Beer (oftewel Jonathan van Radio Raps) op ’n proteaplaa­s ewige troue aan Kaylee van den Berg beloof.
 ??  ?? WWeens RikRikus se siekteikt iis didie paartjietj­i die di afgelope jaar deur diep waters, maar hulle kon mekaar eindelik die jawoord gee. Die komediant sê dis sy bruid se lag wat hom op haar laat verlief raak het.
WWeens RikRikus se siekteikt iis didie paartjietj­i die di afgelope jaar deur diep waters, maar hulle kon mekaar eindelik die jawoord gee. Die komediant sê dis sy bruid se lag wat hom op haar laat verlief raak het.
 ??  ?? LINKS, van heel links: Gaste hou sambrele uit teen die reën; die onthaalsaa­l het 'n romantiese gevoel gehad; die troukoek het uit drie lae bestaan.
LINKS, van heel links: Gaste hou sambrele uit teen die reën; die onthaalsaa­l het 'n romantiese gevoel gehad; die troukoek het uit drie lae bestaan.
 ??  ?? LINKS, van heel links: Die strooimeis­ies, (van links) Nadia Hattingh, Karen Swart, Juanine Bredenkamp en Rochelle Botha, by Kaylee; haar trouring is 'n unieke ontwerp deur Erika Cronje van V'Dodili; die De Beer-egpaar by hul ontwerpers­vriend Diaan Daniels.
LINKS, van heel links: Die strooimeis­ies, (van links) Nadia Hattingh, Karen Swart, Juanine Bredenkamp en Rochelle Botha, by Kaylee; haar trouring is 'n unieke ontwerp deur Erika Cronje van V'Dodili; die De Beer-egpaar by hul ontwerpers­vriend Diaan Daniels.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa