Huisgenoot

Lianie en haar “Beer” haak af ná 10 jaar

Daar was groot vreugde toe Lianie en haar ‘Beer’ ná 10 jaar as verloofdes in ’n prentjiemo­oi tuin afhaak

- Deur MARISA FOCKEMA Foto’s: MARTIN DE KOCK Voorbladfo­to: GENEVIEVE FUNDARO FINE ART PHOTOGRAPH­Y

SY BRUID is al amper ’n halfuur laat, maar Barry Lubbe lyk koel en kalm waar hy uitgevat in ’ n swart pak en wit das onder koeltebome by die boetiekhot­el Kleinkaap in Centurion wag. Wat is ’n paar minute ekstra nou vergeleke met die dekade wat hy al wag om die sangeres Lianie May sy vrou te maak?

Op ’n sonnige lentedag kom sy eindelik as stralende bruid aan haar broer, Niccie Oosthuizen, se arm na hom aangestap op ’n voetpaadji­e in ’n prentjiemo­oi tuin.

Met haar hare in ’n klassieke bolla en geklee in ’n Anél Botha-kantskeppi­ng vol kralewerk en blinkers, lyk Lianie soos ’n prinses. Aan haar bruidsruik­er is ’ n ovaalvormi­ge silwerhang­ertjie met lint vasgebind. Daarin is ’n foto van Barry aan die een kant en een van haar oorlede pa, Niccie sr., aan die ander kant.

“Dit was asof my dads (soos sy haar pa noem) by my was, asof sy hand myne vasgehou het,” vertel Lianie (41) later oor die hangertjie, ’n geskenk van haar nuwe skoonsuste­r, Tersa Lubbe.

Omdat sy en Barry (41) albei hul pa aan die dood afgestaan het, het hulle besef die tyd staan nie stil nie en ná ’n 10 jaar lange verlowing besluit om eindelik af te haak.

Barry het sy pa in ’n motorongel­uk verloor toe hy 19 was en Lianie se pa is twee jaar gelede weens longkanker oorlede.

“Ons het albei nog ons ma en wou hê hulle moet die oomblik saam met ons geniet,” sê Lianie, wat vanjaar ’n dekade in die musiekbedr­yf vier.

Met dié mylpaal in gedagte het sy en Barry besluit om hul mooiste dag met haar aanhangers te deel in haar werklikhei­dsreeks op VIA, Met My Hele Hart: Lianie May Se Sprokiesve­rhaal.

Toe die troumars begin speel en sy bruid na hom toe aangestap kom, was hy verbaas hoe rustig hy was, het Barry later vertel. “Ek is mos nie ’n ou wat van aandag hou nie. Maar ek dink met die kameras wat ons in die dae voor die troue gevolg het, was ek gewoond daaraan. Dit het gevoel of ons nog ’n episode verfilm.”

Al is sy as sangeres aan die kollig gewoond, erken Lianie sy was behoorlik op haar senuwees.

“Wanneer jy met die paadjie kansel toe stap, is dit ’n ander soort senuwees wat pla as wanneer jy voor ’n groot gehoor sing. Maar toe ek vir Barry sien, het ek dadelik kalm geword. Ek was verlig en verheug dat die oomblik eindelik aangebreek het.”

WELKOM by ons troudag,” staan die woorde in sierskrif op ’n houtbord in die tuin wat getooi is met wit blomme wat aan d die b boomtakke kk h hang. Tussen twee pilare by ’n somerhuisi­e se ingang is ’n wit doek gedrapeer om ’n sierlike afdak te vorm vir die plegtighei­d.

Voor ds. Danie Jansen van Rensburg met sy preek begin, spot hy dat Barry reeds ’n getroude man se eerste waardevoll­e les geleer het: “Jy’t vandag vir haar gewag, en jy gaan nog baie vir haar wag.”

Nadat die bruidspaar hul troubeloft­es afgelê en vir mekaar trouringe aangesteek het, sê die dominee Barry mag maar sy bruid soen.

Hy maak so en die gaste – onder wie die sangers Theuns Jordaan, Jay du Plessis, Robbie Wessels en Bobby van Jaarsveld – bars los met applous.

Die pasgetroud­es glimlag breed terwyl hulle met die tuinpaadji­e van die somerhuisi­e teruggesta­p kom en wit roosblare op hulle neerreën.

Buite die deur van die onthaalsaa­l sny hulle ’n laag witsjokola­dekoek, een van vyf lae van hul troukoek wat ook lae

(Van vorige bladsy)

wortelkoek en donkersjok­oladekoek het.

Terwyl die res van die troufoto’s geneem word, geniet die gaste skemerkelk­ies en lê weg aan vars plaasbrood, kase, verskeie patees en vrugte.

Die onthaalsaa­l lyk soos iets uit ’ n sprokie met feetjielig­gies wat uit die dak hang en ’n kleurskema van goud, sjampanje, poeierpien­k en wit.

Op die tafels glim goue eetgerei. Kerse en rangskikki­ngs wit rose rond die prentjie af. “Ons wou hê alles moet eenvoudig en gemaklik wees,” sê Lianie later; “daar moes nie fieterjasi­es wees nie.”

Die bruidspaar se ma’s het elkeen ’n kort brief geskryf en die seremoniem­eester, die sanger Pieter Koen, lees dit voor. Lianie is haar “omgeedogte­r”, skryf haar ma, Elma Oosthuizen. Vir Barry beskryf sy as ’n “besonderse skoonseun” en voeg by: “Ek glo as Lianie se pa vandag hier was, sou hy trots en gelukkig gewees het.”

Voor Barry vir Lianie ontmoet het, het mense gereeld vir hom gesê hy is te kieskeurig, vertel sy ma, Alta, in haar brief.

“Jy moes wees, want Lianie het vir jou gewag: jou droomvrou,” skryf sy dan. Sy beskryf haar nuwe skoondogte­r as “hardwerken­d, liefdevol, met hande wat vir niks verkeerd staan nie”.

Daarna stel die sanger Jay du Plessis, wat al twee duetalbums saam met Lianie opgeneem het, ’n heildronk op die bruidspaar in. Barry en Lianie het nou nie meer verskoning­s nie, laat hy hoor. “Dis nou tyd, Lianie; ons wil kinders hê!” sê hy en word luid toegejuig.

As hoofgereg kan die gaste tussen bees- en wildsvleis en hoender kies. Die nageregtaf­el is gelaai met lekkernye soos stokkielek­kers van meringue, verskillen­de geure kolwyntjie­s, springmiel­ies bedruip met karamel en flessies met lae rooifluwee­lkoek, karamel en versiersel van aarbeiroom­kaas.

Later open Lianie en Barry die dansbaan op die maat van haar nuwe album se titelsnit, Iemand om Lief te Hê: Soos een mens dans ons die aand en ure verby . . . Ons almal kort net iemand om lief te hê . . .

DIE twee se lewenspaai­e het 12 jaar gelede gekruis toe Barry se ouer broer, Johann, en dié se vrou, Tersa, Barry en Lianie na ’n partytjie nooi.

Hulle het gemeen hulle sou ’n oulike paartjie maak en gesorg hulle sit langs mekaar aan tafel.

“Ons het dadelik gekliek en begin gesels,” onthou Lianie. Hul romanse het kort daarna begin blom. Sowat ’n jaar later het hul liefdesver­houding ook ’n sakeverhou­ding geword.

Toe sy begin naam maak in die musiekbedr­yf, het haar pa voorgestel Barry word haar bestuurder. Hy het sy werk by ’n IT-maatskappy in Bloemfonte­in bedank om voltyds saam met haar te werk.

Ná ’n romanse van sowat twee jaar het hy een aand ná ’n optrede op Hoedspruit gereël dat hulle alleen in ’n boma is. Toe die vuurtjie wat hy

‘As Lianie se pa vandag hier was, sou hy trots gewees het’

daar vir hulle gemaak het, begin knetter, het hy haar die jawoord gevra.

Sedertdien het hulle elke jaar vir mekaar gesê: “Vanjaar is die jaar dat ons gaan trou.” Maar met hul druk werkprogra­m het elke jaar verbygevli­eg.

Nie net hou haar musiekloop­baan hulle besig nie; hulle boer ook deeltyds met beeste op Lianie se grootwordp­laas by Oranjevill­e in die Vrystaat.

Op haar 41ste verjaardag op 2 Augustus vanjaar het Barry besluit om ’n plan te maak. Hy het vir haar ’n verrassing­spartytjie in Die Patriot, ’n teaterrest­aurant in Pretoria, gereël waar die mu- s i kant e Robbie Wessels, Roan van As en enAppel Appel (Christoph (ChristophK­otzé) Kotzé) opgetree het.

Toe Barry in ’n stadium op die verhoog verskyn en Lianie daarheen roep, het sy gedink hy wil ’n heildronk op haar instel. Maar hy het gesê: “Dis nou amptelik 10 jaar dat ons verloof is. Kom ons trou ’n slag vanjaar,’’ vertel Lianie.

Binne net agt weke maak hulle toe al die trouplanne wat 10 jaar gesloer het.

Sedert September kon kykers hul troubeplan­ning volg. Met haar werklikhei­ds- reeks wou sy wys hoe die lewe van ’n bekende agter die skerms lyk, sê Lianie.

“Ek glo die reeks het mense m ’n kykie gegee daarop dat ek en Barry net ge gewone mense is wat in ’n ge gewone huis woon. Ons glo nie in luuksheid of daarin om hoog te leef nie.”

Haar H Beer – soos sy Barry noem no – het saam met haar in ind die musiekbedr­yf gegroei, in inv voor- en teëspoed. Hy was haar haa steunpilaa­r toe haar pa in September 2015 op sy sterfbed ste was. “Ek sien baie van my pa se eienskappe in Barry: Hy is hardwerken­d, hy volhard, sy woord is sy woord, hy het altyd goeie raad en ondersteun my,” sê Lianie.

“Ons vul mekaar goed aan: Sy praat en ek luister,” sê Barry laggend.

Omdat haar sesde soloalbum in September, hul troumaand, uitgereik is, was daar nog nie tyd vir ’n wittebrood nie.

“Ons het klaar besluit om in Januarie ’n bietjie weg te gaan. Ek het reeds op my kalender 10 dae uitgehou,” sê Lianie.

Hulle oorweeg Zanzibar, die Krugerwild­tuin “of selfs net die plaas”, sê Barry. “Dit sal ons eerste vakansie in 10 jaar wees. Om vakansie te hou was vir ons dieselfde storie as met ons troue,” verduideli­k hy.

’n Dag ná die troue het ’n paartjie van die behoeftige Elandspoor­t, in die weste van Pretoria, op dieselfde plek as Lianie en Barry getrou, met hul blomme en dekor. As ’n bonus het sy die paartjie op hul spesiale dag verras en haar liedjie Pleister van My Hart vir hulle gesing.

Die laaste aflewering van Met My Hele Hart: Lianie May Se Sprokiesve­rhaal word op 5 Desember om 20:30 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai.

 ??  ?? HOOFFOTO en INLAS: Ná ’n verlowing van 10 jaar het die sangeres Lianie May en haar bestuurder, Barry Lubbe, se mooiste dag eindelik aangebreek.
HOOFFOTO en INLAS: Ná ’n verlowing van 10 jaar het die sangeres Lianie May en haar bestuurder, Barry Lubbe, se mooiste dag eindelik aangebreek.
 ??  ?? Die prentjiemo­oi tuin waar die paartjie getrou het. HEEL REGS: Lianie se solitêrdia­mantring is klassiek en tydloos.
Die prentjiemo­oi tuin waar die paartjie getrou het. HEEL REGS: Lianie se solitêrdia­mantring is klassiek en tydloos.
 ??  ?? LINKS, van heel links: Die troukar; die troukoek het vyf lae gehad; daar was ’n plaasatmos­feer. BO: Lianie se broer, Niccie Oosthuizen, lei haar kansel toe terwyl VIA se kameras die oomblik verewig.
LINKS, van heel links: Die troukar; die troukoek het vyf lae gehad; daar was ’n plaasatmos­feer. BO: Lianie se broer, Niccie Oosthuizen, lei haar kansel toe terwyl VIA se kameras die oomblik verewig.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? LINKS: Die bruidspaar laat waai op die dansbaan. BO: Lianie en die sanger Jay du Plessis het al groot sukses bereik met die twee duetalbums wat hulle uitgereik het. Hy het op die onthaal ’n heildronk op die paar ingestel en hulle eeue se geluk toegewens.
LINKS: Die bruidspaar laat waai op die dansbaan. BO: Lianie en die sanger Jay du Plessis het al groot sukses bereik met die twee duetalbums wat hulle uitgereik het. Hy het op die onthaal ’n heildronk op die paar ingestel en hulle eeue se geluk toegewens.
 ??  ?? Die sanger Robbie Wessels sê hy wens Barry en Lianie “net seën op hul huwelikspa­d” toe. Robbie se meisie, Lenice Labuschagn­e, het hom vergesel. BO: Die sanger Roan Ash het die gaste vermaak. REGS: Die sangpaar Ricus Nel en Liza Brönner.
Die sanger Robbie Wessels sê hy wens Barry en Lianie “net seën op hul huwelikspa­d” toe. Robbie se meisie, Lenice Labuschagn­e, het hom vergesel. BO: Die sanger Roan Ash het die gaste vermaak. REGS: Die sangpaar Ricus Nel en Liza Brönner.
 ??  ??
 ??  ?? LINKS:: Pieter en Lottie Koen. LINKS BO: Bobby van Jaarsveld sê die paartjie moet volhou met wat huhulleul reg doen. Sy vrou, Annatjie, wens hulle sal altyd die mooiste in mekaar uitbring. MIDDEMIDDE­LEL BO: Jannie Moolman en Corlea. REGS BO: Jay...
LINKS:: Pieter en Lottie Koen. LINKS BO: Bobby van Jaarsveld sê die paartjie moet volhou met wat huhulleul reg doen. Sy vrou, Annatjie, wens hulle sal altyd die mooiste in mekaar uitbring. MIDDEMIDDE­LEL BO: Jannie Moolman en Corlea. REGS BO: Jay...
 ??  ?? LINKS BO: ’n Silwerhang­ertjie met foto’s van Lianie se oorlede pa, Niccie sr., en Barry. REGS BO: Die dekor op die onthaal was sprokiesag­tig. REGS: Die paar by hul ma’s. By Barry staan Alta Lubbe, en by Lianie Elma Oosthuizen.
LINKS BO: ’n Silwerhang­ertjie met foto’s van Lianie se oorlede pa, Niccie sr., en Barry. REGS BO: Die dekor op die onthaal was sprokiesag­tig. REGS: Die paar by hul ma’s. By Barry staan Alta Lubbe, en by Lianie Elma Oosthuizen.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa