GESONDER ENGELSE ONTBYT
Ons maak ’n gesonder weergawe van die tradisionele “Saterdagontbyt”. Smul sonder ’n skuldgevoel. GENOEG VIR 4 MENSE Bereiding: 15 min. Gaarmaak: 10-15 min. EIERKOPPIES 15 ml (1 e) olyfolie
(opsioneel) 200 g bladspek 1 wiel feta, gekrummel 30 ml (2 e) gekapte
grasuie 6-8 eiers BOONTJIESMOOR 15 ml (1 e) olyfolie 1 ui, gekap 2 knoffelhuisies,
fyngedruk 15 ml (1 e) tamatie
pasta 1 x 410 g-blik gekapte
tamaties 1 x 410 g-blik keker
ertjies, gedreineer 1 x 410 g-blik botter-
boontjies, gedreineer ’n hand vol pietersielie,
gekap 5 ml (1 e) suurlemoen
sap sout en vars gemaalde
peper na smaak Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit 8 holtes van ’n muffinpan goed met kossproei of smeer liggies met die olyfolie.
Plaas ’n reep spek in elke holte. Pak die spek sodat dit die hele oppervlak van die holte opneem.
Sprinkel ’n bietjie feta en grasuie in elke holte. Breek ’n eier in elke holte en giet 10 ml (2 t) water versigtig bo-op elke eier.
Plaas die muffinpan in die oond en bak 10 min. of tot die eiers gaar is soos verkies. Laat effens afkoel, maak die eierkoppies
Eierkoppies
versigtig los en skep uit.
Boontjiesmoor
Verhit die olie in ’n diep pan en braai die ui en knoffel tot geurig. Voeg die tamatiepasta en gekapte tamaties by en roerbraai 5 min.
Voeg die kekerertjies, boontjies en pietersielie by en meng liggies. Geur met die suurlemoensap, sout en vars gemaalde peper na smaak.
Sit voor saam met die eierkoppies.