Huisgenoot

DIE MEGHAN-SPAN

-

Om feitlik oornag ’n koninklike te word is nie kinderspel­etjies nie. Gelukkig word die voornemend­e hertogin omring deur kenners wat hand bysit met alles van haar dagboek tot haar wenkbroue. DIE RAAKVATTER

Amy Pickerill is eintlik ’n assistentp­rivaat sekretaris vir die koninklike familie, maar volgens die Daily Mail is haar werklike rol om net mooi alles vir Meghan te doen. Sy is glo vir die rol “uitgesoek” met die oog daarop dat sy ná die koninklike troue in Mei tot haar privaat sekretaris bevorder sal word. Geen taak is te groot of klein vir dié vrou wat ’n graad in geskiedeni­s van die Universite­it van Nottingham agter haar naam het nie. Sy sal na verwagting alles doen van Meghan se dagboek reël tot haar briewe beantwoord.

DIE REKLAMEGHO­EROE

Vir die Suits-aktrise is die kollig niks vreemds nie, maar selfs sy het ’n helpen- de hand nodig met die soort aandag wat ’n koninkklik­e titel ’n mens besorg. Gelukkig staan die reklameken­ner Edward Lane Fox (41) reg om haar daarmee te help. Hy kom uit ’n aristokrat­iese familie en het Harry die eerste keer ontmoet toe die rooikoppri­ns nog in die weermag was. Edward, wat ’n meestersgr­aad in dokumentêr­e fotografie en fotojoerna­listiek behaal het, is in 2013 as Harry se eerste privaat sekretaris aangestel. Danksy sy ervaring van die lewe in die hoogste kringe in Brittanje is Ed die aangewese kenner om te sorg dat Meghan deurgaans gepas optree.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa