Huisgenoot

SPOGGERIGE SJOKOLADEP­EERKOEK MET MALVALEKKE­RVERSIERSE­L

-

Maak seker jy bak dié koek nie te lank nie; dit moet so effens aan ’n brownie herinner. LEWER 1 GROOT KOEK Bereiding: 25 min. Bak: 30-40 min. 200 g klipgemaal­de

koekmeel 60 g kakao 2,5 ml (½ t) koeksoda 5 ml (1 t) bakpoeier 2,5 ml (½ t) sout 40 g bruinsuike­r 30 g elk xilitol en

stevia 3 eiers 180 ml (¾ k) olyf-en

pitoliemen­gsel 300 g ryperige pere,

fyngeraspe­r 50 g gekapte okker

of pekanneute 100 g 70%-donker

sjokolade, gesmelt VERSIERSEL 3 eierwitte 180 ml (¾ k) xilitol knippie kremetart oondgebraa­ide peer

skyfies vir versiering Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n 20 cm-losboompan met kossproei en be- stuif met meel.

1 Sif die droë bestanddel­e saam; roer die versoeters by.

2 Klits die eiers en olie saam en klits dan die pere by.

3 Vou die droë bestanddel­e by die eiermengse­l in. Roer die neute by die gesmelte sjokolade in en roer by die deegmengse­l in.

4 Skep in die bereide pan en bak sowat 30 min. tot net gaar en nog effens drillerig in die middel. Laat dit afkoel.

5 Versiersel Plaas die eierwitte, xilitol en kremetart in ’n glasbak oor ’n kastrollet­jie met kookwater. Laat dit 3 min. prut tot warm en tot die xilitol opgelos het; roer gedurig.

6 Verwyder van die hitte; klits met ’n elektriese klitser tot lig en blink. Skep bolle meringue bo-op die koek en skroei effens met ’n blaasvlam. Rond af met die peerskyfie­s.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa