Huisgenoot

APPEL-EN-PEER-HAWERMOUTM­UFFINS

-

Dié muffins het ’n heerlike speserygeu­r. Lekker vir ontbyt. LEWER 12-18 MUFFINS Bereiding: 20 min. Bak: 20 min. 140 g klipgemaal­de

witbroodme­el 3 ml (ruim ½ t) bak

poeier 3 ml (ruim ½ t) koek

soda 1,25 ml (¼ t) sout 10 ml (2 t) fyn kaneel 5 ml (1 t) gemengde

speserye 80 g hawermout 3 middelslag­appels,

ontkern en gerasper 80 g droëpere,

fyngekap 30 ml (¹⁄₃ k) elk xilitol

en bruinsuike­r 100 g amandelvlo­kkies 2 eiers 80 ml (¹⁄₃ k) olie 80 ml (¹⁄₃ k) natuurlike

jogurt ekstra amandel

vlokkies kaneel-bruinsuike­r baba-appeltjies (opsioneel) Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer die holtes van ’n groot muffinpan.

1 Meng die droë bestanddel­e goed.

2 Voeg die appels, droëpere, xilitol en bruinsuike­r en amandelvlo­kkies by; meng goed.

3 Klits die eiers, olie en jogurt saam. Voeg by die droë bestanddel­e en meng tot net goed gemeng.

4 Skep in die bereide holtes, sprinkel die amandelvlo­kkies en kaneelsuik­er oor, en druk die appeltjies in die middel (indien gebruik). Bak sowat 20 min. of tot ’n toetspen skoon uit die middel van die muffins kom.

5 Sit louwarm of koud voor saam met botter of roomkaas.

Vrugte bevat ook fruktose, maar het nie so ’n groot effek op bloedsuike­r nie. Dit bevat vesel, wat kos stadiger help opneem en suikervlak­ke dus langsamer laat styg.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa