Huisgenoot

APPELBROSK­OEKIES

-

LEWER 5 KOEKIES Bereiding: 20 min. Bak: 15 min. Kook: 5-10 min. DEEG 150 g klipgemaal­de

koekmeel 2,5 ml (½ t) sout 5 ml (1 t) bakpoeier 15 ml (1 e) strooisuik­er 25 g (6 t) botter, in klein

blokkies gesny 50-60 ml (¼ k) melk VULSEL 4 middelslag­appels, ontkern, geskil en in klein blokkies gesny 80-100 g (100-125 ml)

strooisuik­er 15 ml (1 e) suurlemoen

sap 5 ml (1 t) fyn kaneel 300 ml water VIR VOORSIT 160 ml (² / 3 k) geroomde

maaskaas versier- en kaneelsuik­er Voorverhit die oond tot 220 °C. Smeer ’n bakplaat.

1 Deeg Sif die meel, sout en bakpoeier in ’n mengbak. Meng die suiker by die mengsel in; vryf die botter in met jou vingerpunt­e tot die mengsel soos broodkrumm­els lyk.

2 Voeg net genoeg melk by en meng tot ’n sagte deeg.

3 Sprinkel ’n bietjie meel op ’n plat oppervlak en rol die deeg 1 cm dik uit. Druk 4-5 sirkels uit, elk met ’n deursnee van sowat 4 cm. Pak op die gesmeerde bakplaat.

4 Bak sowat 15 min. tot uitgerys en gaar. Laat afkoel.

5 Vulsel Kook intussen al die bestanddel­e vir die vulsel saam tot die appels sag is, sowat 5-10 min.

6 Vir voorsit Halveer die koekies. Skep van die appels op elk van die onderste dele en skep van die maaskaas bo-op. Plaas die boonste helfte bo-op en stuif die versieren kaneelsuik­er oor.

7 Sit louwarm of koud voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa