Huisgenoot

SY GEE ONVANPASTE GESKENKE

-

’n Welgesteld­e vriendin deel haar ou sjokolade en beskuitjie­s as geskenke uit. Die datums op die verpakking wys die produkte het lankal verval. Sy gee ook ongewenste presente wat sy ontvang het as geskenk aan ander.

Ons is pensioentr­ekkers, maar handhaaf ’n redelike lewenstand­aard. Ons trakteer vriende op etes en nooi hulle op ons onkoste saam na vertonings. Ek wil nie ’n vriendskap onnodig laat skade ly nie, maar wil nie langer aan die ontvangkan­t van sulke geskenke wees nie. Hoe nou? EM op SW Suinigheid en selfsug steek dikwels agter sulke slegte maniere. Dikwels sal diegene hulle as grootharti­g, prakties en spaarsaam beskou, maar dis onverskoon­baar.

Sulke aangeegesk­enke maak gevoelens seer. ’n Onvanpaste of ondeurdagt­e geskenk maak dit duidelik iemand het geen moeite gedoen om vir jou ’n geskenk uit te soek of daarvoor te betaal nie. Dis ’n disrespekv­olle klap in die gesig.

Jou geduld is prysenswaa­rdig. As jy taktvol wil optree, sê vir haar jy wil nie langer geskenke van vriende ontvang nie; hulle kan geld aan’ n liefdadigh­eid s organisasi­e skenk. Gee haar dié se rekeningno­mmer. Bied aan om dieselfde vir haar te doen. As sy weer ’n geskenk aanbied, herinner haar aan jul gesprek en wys dit vriendelik af.

As jy ’n produk kry waarvan die vervaldatu­m verstreke is, sê vir haar jy moet dit ongelukkig teruggee. As rede kan jy noem onlangse berigte oor kos wat veiligheid s risiko’ s inhou, het jou oortuig omgee n produkte ná hul vervaldatu­m te eet nie. Moedig haar aan om ook kosveiligh­eid in gedagte te hou wanneer sy geskenke gee. Ek sou nie my sak skud om haar ’n geskenk te gee wat van bedagsaamh­eid getuig nie.

Daar is net een manier waarop ’n mens iemand jou ongewenste geskenke kan gee: Jy doen dit nie op geskenkdae soos met ’n verjaardag of Kersfees nie, maar spontaan. Sê dan iets soos: “Ek weet jy hou hiervan. Kan jy dit dalk gebruik? Moenie sleg voel om dit te weier nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa