MUNTE EN NOTE
Toe die eerste geldeenhede omstreeks 2500 v.C. in Mesopotamië (vandag se Irak) tot stand kom, was geld in die vorm van munte omdat munte ’n spesifieke gewig gehad en ’ n waarde volle metaal soos goud of silwer bevat het. Die goud of silwer het dus die munt se waarde gewaarborg. Die nuttigheid van metaalmunte is dat hulle duursaam en draagbaar is. Dis ook makliker om munte te tel pleks van hulle te weeg.
Ál meer geld het egter deur die eeue nodig geword vir ’ n groter getal transaksies; daarom het banke en regerings mettertyd banknote begin uitreik. Geldnote bevat nie self die waarde wat hulle
verteenwoordig nie. Die bank of regering ring wat die noot uitreik, waarborg daardie rdie noot se waarde.
Die antieke Grieke en Romeine het groot root ryke gehad waarin hul geldeenhede toonoonaangewend was. Baie van die geldeenhede ede wat vandag nog in gebruik is, is op antieke ieke voorgangers gegrond. Die stabiele geld van die Griekssprekende Bisantynse Ryk was ’n goue munt genaamd die solidus. Dit het later tot die Europese sjieling ontwikkel. Die sjieling is vandag nog as geldeenheid in Afrikalande soos Kenia en Tanzanië in gebruik.
Die dinar, wat ook ’n goue munt was, het sy ontstaan omstreeks 690 n.C. in Damaskus, Sirië, gehad. Die naam is afgelei van die Romeinse dinarius. Die dinar word vandag nog as geldeenheid in lande soos Algerië, Tunisië, Jordanië en Irak gebruik.
Die dollar is deesdae die belangrikste geldeenheid omdat die meeste transaksies wêreldwyd in dié Amerikaanse geldeenheid plaasvind.
Die naam is afgelei van ’n silwermunt uit Bohemië ( in die Tsjeggiese Republiek) k) bekend as die Joachimsthaler, of kortweg g die thaler. Dis van 1517 af gemunt en is genoem na die silwermyne by Joachimsthal.
Tientalle lande gebruik die dollar as geldeenheid, maar dit het nie oral dieselfde waarde nie. Die Namibiese dollar is byvoorbeeld gelyk aan die Suid-Afrikaanse rand.