Huisgenoot

HOESÊ, BURT?

-

Burt Reynolds het nie doekies omgedraai toe hy onlangs met die Amerikaans­e geselsprog­ram aanbieder Andy Cohen op Watch What Hap pens L i ves i ten gesels nie. Die 82-jarige Boogie Nights-ster het onderwerpe aangeroer wat wissel van sy verhouding met Trump tot die mees “oorskatte” aktrise saam met wie hy gewerk het . . .

OOR SY VRIEND DONALD TRUMP

Die Deliveranc­e-ster is al verskeie dekades lank met die Amerikaans­e president bevriend, maar nie beïndruk deur sy optrede in die amp nie. “Hy doen ’n paar goeie dinge, (maar) meestal volg hy sy instinkte, wat nie goed is nie.”

OOR DIE 007-ROL WAT HY NIE VERTOLK HET NIE

Burt erken hy het die kans van die hand gewys om die oorspronkl­ike James Bond te speel – ’n rol wat Sean Connery toe gekry het – want hy het gevoel ’n Amerikaner moenie ’n Britse spioen speel nie. Op die vraag of hy spyt is oor sy besluit, antwoord hy: “Ja, ek is.”

OOR WIE HOM IN ’N ROLPRENT OOR SY LEWE MOET SPEEL

Hy antwoord dadelik George Clooney, maar voeg by: “Hy is nie heeltemal so aantreklik soos ek nie, maar hy het al die ander eienskappe.”

OOR DIE LIEFDE VAN SY LEWE

“Ek sou sê Sally. Ja, Sally Field.” Bisar genoeg beweer hy ook hy was op Sally (71) verlief vandat sy sewe was. Dit is vreemd, want hy en Sally het mekaar eers in die 1970’s ontmoet op die stel van Smokey and the Bandit.

OOR WATTER FLIEK HY ONGEDAAN SOU MAAK AS HY KON

“Switching Channels, die een wat ek saam met Kathleen Turner gemaak het. Die fliek was nie goed nie. En ek het nie met haar oor die weg gekom nie,” onthul hy voor hy die aktrise “oorskat” noem.

 ??  ??
 ??  ?? Burtbeweer t beweer wassy SallyField grootliefd­e. ‘OORSKATTE‘ KATHLEEN
Burtbeweer t beweer wassy SallyField grootliefd­e. ‘OORSKATTE‘ KATHLEEN

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa