Huisgenoot

Van Pletzen

Dié elektronie­se popduo se debuutalbu­m gaan jou laat droom van eilandvaka­nsies, hangmatte en lang drankies

- Deur JACQUES MYBURGH

’n Klein eiland van lekker vibes Die duo, bestaande uit die Pretoriane­rs Peach van Pletzen (oftewel P.Dollar) en Matthieu Auriacombe (Nik Nax), het onlangs hul debuutalbu­m, Kak Lekke Vibe, uitgereik. “Soos alle goeie dinge het ons een middag ná ’n lang dag van werk sit en bier drink en gesels. Ons het toe besluit om die wêreld ’n beter plek te maak deur net goeie vibes te versprei,” vertel Peach (33), wat ook in die groep Bittereind­er is. “In ’n wêreld vol negatiwite­it bied ons ’n klein eiland waar net goeie

vibes te vinde is.” Die groep het in 2017 hul eerste enkelsnit, Goud, uitgereik. Dié liedjie is ’n komiese en satiriese aanslag van ’n aandjie in Johannesbu­rg in ’n Ubertaxi. Die doel van die projek is om mense ’n uitlaatkle­p te gee, sê Peach. “Dis ’n blaaskans van al die onnodige en ernstige goed wat die wêreld verorber. Van Pletzen is jou safe place waar slegs k**lekker vibes toegelaat word.” Early B Op hul nuwe album werk die duo saam ( Earl- Henri met die rapper Early B Swartz).

Hulle is groot aanhangers van sy musiek, vertel Matthieu (28). “Hy is op vier songs en sy bydrae tot die album is epic, enormous en natuurlik k**lekker,” sê Matthieu. Een van dié liedjies, Die Beats Amazing, is die manne se gunsteling­snit op die album. “Dit som die VP- vibe goed op, en mense kan net nie help om te dans op dié een nie.” Nog een wat vir hulle uitstaan, is Liefde Maak. “Dis die ballad op die album en gaan oor kalm en alleen wees en natuurlik ook liefde maak,” sê Peach.

 ??  ?? Peach van Pletzen (links) en Matthieu Auriacombe glo nie mense moet hulself heeltemal so ernstig opneem nie.
Peach van Pletzen (links) en Matthieu Auriacombe glo nie mense moet hulself heeltemal so ernstig opneem nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa