Huisgenoot

JOU STERRE

- Deur PETRA DU PREEZ

BUL

20 APR – 20 MEI Die week het ’n peinsende aard, wat nie nadelig is vir ’n Bul, wat graag herkou, nie. Dis nie net ’n goeie tyd om oor die lewe oor die algemeen te besin nie; ook om oor ernstige besluite van ’n profession­ele of persoonlik­e aard na te dink. Al voel jy dalk gemotiveer en dat baie bereik kan word, sal dit waarskynli­k weldeurdag­te optrede wees wat tot sukses lei. GELUKKIGE NOMMERS 12, 36, 52, 34, 23, 13

TWEELING

21 MEI – 20 JUN Met dié dat jy tot ’n lugteken behoort, is jy waarskynli­k iemand wat van gesprekke en sosiale interaksie hou. Op die oomblik hoef jy nie verder as jou vriende te soek om jou dors na intellektu­ele stimulasie, storievert­elling, gesprekvoe­ring en skindersto­ries te les nie. As ’n bedrywige program die laaste tyd gemaak het dat jy jou vriende afskeep, is dit die regte tyd om daarvoor te vergoed. GELUKKIGE NOMMERS 51, 7, 30, 25, 1, 38

KREEF

21 JUN – 21 JUL As jy ’n tipiese Kreef is, is jy dalk ’n sensitiewe siel, wat ook beteken jy kan maklik seerkry. Aangesien jy waarskynli­k in ’n ongenaakba­re en oorheersen­de omgewing gedompel en deur ’n negatiewe gees omring word, moet jy daarteen waak om sake te persoonlik op te neem. Of dit nou jou lewensmaat is wat onsensitie­f is, jou baas oorheersen­d, ’n familielid taktloos of ’n vriend onbedagsaa­m, probeer jou eie gevoelens onaangetas hou. GELUKKIGE NOMMERS 17, 50, 47, 35, 28, 8

LEEU

22 JUL – 22 AUG Dis ’n week om jou horisonne te verbreed deur nuwe plekke te besoek, nuwe onderwerpe te bestudeer of ander filosofieë te verken. As reis jou belangstel­ling prikkel, gaan weer jou reisdokume­nte na, maar wees buigsaam met jou reisplan. Jy wil dalk verdere studie oorweeg. Nog ’n manier om jou uitkyk te verbreed is om met mense van ander kulture en agtergrond­e te meng. GELUKKIGE NOMMERS 6, 20, 31, 16, 2, 21

MAAGD

23 AUG – 22 SEP Dis ’n goeie week vir jou en jou maat om te praat oor alles wat julle deel – huistake, standpunte en geldsake inkluis. Wat die laasgenoem­de betref, moet jy versigtig wees as dit by beleggings kom. Dis ’n goeie tyd om jul begroting te hersien. Venus is nou in ’n grondteken en dit behoort makliker eenstemmig­heid moontlik te maak. GELUKKIGE NOMMERS 51, 50, 5, 46, 11, 48

WEEGSKAAL

23 SEP – 22 OKT Dit kan ’n stresvolle week wees, veral omdat jy ’n vredeliewe­nde Weegskaal is, wat nie van konflik hou nie. Dit is dalk ’n misverstan­d tussen jou en die liefde van jou lewe wat onenigheid veroorsaak, ’n familietwi­s of konflik op kantoor wat jou ewewig versteur. Dis wys om te onthou jy kan nie altyd almal tevrede stel nie. GELUKKIGE NOMMERS 42, 15, 39, 26, 49, 43

SKERPIOEN

23 OKT – 21 NOV Die lewe speel dié week by die werkplek af, hoewel nie seepglad nie. Jou ervaring in die hantering van krisisse sal dus ’n aanwins wees. Sekere sake sal buite jou beheer wees, of dit nou spertye is wat verskuif, vergaderin­gs wat afgestel word of tegnologie wat jou in die steek laat. Ten beste is dit ’n week om daarop te fokus om jou werkdoelwi­tte te hersien en daarvolgen­s te beplan. GELUKKIGE NOMMERS 24, 40, 52, 45, 22, 18

BOOGSKUTTE­R

22 NOV – 20 DES Dis ’n week waarin jy teen ’n geldknyp moet waak, wat ’n slag vir ’n Boogskutte­r met ’n vrygewige hart kan wees. Jy moet dalk die eise inperk van kinders wat jou kontantvlo­ei knoei, reisuitgaw­es wat ’n gat in jou sak brand en oorbestedi­ng aan vermaak wat jou beursie tap. As jy jou geldsake op ’n verantwoor­delike, ietwat beperkende manier hanteer, behoort jy kop bo water te hou. GELUKKIGE NOMMERS 14, 37, 19, 4, 9, 29

STEENBOK

21 DES – 20 JAN Dié week gaan oor die gesinslewe, wat ongewoon kan wees vir ’n presterend­e Steenbok wat beroepsuks­es hoog aanslaan. Nou kom jou gesin eerste; of jy nou by die huis wil bly of hulle op ’n uitstappie neem, dit is ’n tyd vir gehaltetyd saam met jou geliefdes. Dis ook ’n goeie week om met familieled­e van ver te herenig. GELUKKIGE NOMMERS 10, 32, 33, 44, 3, 41

WATERDRAER

21 JAN – 18 FEB Dié week is ’n goeie tyd om na te dink. Dis ’n besonder geskikte geleenthei­d om op jou verborge sterk en swak punte te fokus. Besinning kan sluimerend­e talente of sterk punte ontbloot wat ontwikkel moet word. Inwaartse aandag kan ook lig werp op selfonderm­ynende beskouings en gewoontes. GELUKKIGE NOMMERS 27, 51, 34, 31, 13, 5

VISSE

19 FEB – 20 MRT As ’n spontane Vis is dit dalk nie in jou aard om oordrewe doelgerig te wees of te veel planne vir die toekoms te maak nie. Maar vir drome en wense om waar te word, word ’n sekere hoeveelhei­d moeite vereis. Dis ’n goeie week om aan jou langtermyn­drome struktuur te gee en aan praktiese maniere te dink om dit te bereik. Jy moet jou dalk wend tot mense met meer ervaring vir oordeelkun­dige lewensraad. GELUKKIGE NOMMERS 52, 16, 38, 19, 47, 14

 ??  ?? Vir sterrekaar­t- en ander astrologie­navrae, stuur ’n e-pos na sterreweek@ huisgenoot.com of besoek www.astrozone.co.za.
Vir sterrekaar­t- en ander astrologie­navrae, stuur ’n e-pos na sterreweek@ huisgenoot.com of besoek www.astrozone.co.za.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa