Huisgenoot

HAAR SKOONHEIDS­GEHEIME

-

WELIGE WIMPERS

Meghan se wimpers lyk nimmereind­igend – maar dis beslis geen peperduur stel vals wimpers uit ’n salon nie. Sy het eenkeer gesê ’n doodgewone, outydse wimperkrul­ler is “iets waarsonder ek nooit sal kan leef nie”.

GESIGMASSE­RINGS

Sy maak geen geheim van haar voorliefde vir die spesiale masseuse Nicola Joss se towerbehan­delings van sowat R4 125 nie – dit behels die massering van die binnekant van ’n mens se mond.

“Nicola Joss vorm jou gesig eintlik van binne na buite. Ek glo vas dit werk, al voel dit ’n bietjie laf,” het Meghan aan die skoonheids­webtuiste Birchbox gesê.

“Op die dae dat ek dit doen, lyk my wangbene en kakebeen baie meer gebeitel. Daar is ’n rede waarom sy in groot aanvraag is tydens die prysuitdel­ingstyd, wanneer elke aktrise

op haar beste wil lyk.”

INFRAROOI-SAUNAS

Meghan besoek minstens een keer per week ’n infraroois­auna. Daar straal verwarmers infrarooil­ig uit om haar “al die gifstowwe te laat uitsweet”, het sy eenk keer vertel.

ONTSPANNIN­G

Die aktivis en oudaktrise klink dalk na ’n supervrou, maar sy neem d darem ook af en toe ’n blaaskans. “Ek gun my die weelde van ontspannin­g,” h het sy aan Women’s Health gesê. “Mens “Mense is so ongeloofli­k besig, maar ek kny knyp altyd ’n uur af om net te ontlaai, iets sinneloos op TV te kyk, met my honde op te krul en ’n glas wyn te geniet. Balans is die wagwoord.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa